skip to Main Content

Die tyd het aangebreek om terug te keer werk toe. Bikini’s word weggepak en die strandplakkies word verruil vir hofhakkies. Maar in vandag se lewe van on-the-go kantore en interaktiewe omgewings is besigheidsdrag nie meer tradisioneel nie.

Dit word lank nie meer as oneties gesien om in ’n kantoor in te stap met jou denim en ’n top nie. Die woord business-casual word gebruik om ’n gemaklike, tog netjiese, voorkoms te beskryf en is van toepassing op baie besighede.

Hier is maniere hoe jy jou alledaagse styl business-casual kan maak.

Kyk jy soms in die spieël en dan voel jou uitrusting nie vir jou afgerond nie? Soms is dit so eenvoudig soos om bykomstighede by te sit. ’n Hangertjie of middellyfsak kan help om alles bymekaar te bring. Dis ook belangrik om te kyk dat daar verkillende teksture teenwoordig is. Veral as jy dieselfde kleurskakerings dra.

Top, broek, skoene: Woolworths
Sak: Cotton on
Juwele: Woolworths

Die klassieke knopieshemp is altyd ’n wenner as dit kom by besigheidsdrag. Nog beter is ’n shirtdress wat basies dieselfde konsep is wat net aangepas is tot ’n rok. Maklik en vinnig om oor jou kop te trek en jy is reg om die dag aan te pak.

Wenk: Definitief ’n staple item om aan te skaf.

Rok: Scotch & Soda
Sak: Cotton on
Juwele: Colette by Colette Hayman

Daar is ook natuurlik daai dae waar jy nie werklik lus is om op te dress nie. Die antwoord is altyd ’n denim en T-hemp. ’n Denim met ’n unieke ontwerp kan help om jou uitrusting meer formeel te laat voorkom. Gerbuik die T-hemp om jouself uit te spreek met slagspreuke, musiek ikone of selfs hulde te bring aan jou kinderdae.

Top: Cotton On
Broek: Scotch & Soda
Kep: Cotton On

Die bekende gesegde van ‘less is more’ is werklik die waarheid. Dis nie nodig om 10 items te dra om stylvol te lyk nie. Die geheim lê by hoe jy hulle bymekaar pas. Maak jou broek die fokus punt en dra dit saam met ’n eenvoudige top om ’n klassieke uitrusting te skep.

Wenk: Dra ’n hak om die uitrusting meer formeel te maak.

Top: Cotton On
Broek: Woolworths
Skoene: Woolworths
Juwele: Colette by Colette Hayman

Dan kan jy ook altyd lyne breek en ’n athleisure business-casual uitrusting skep. Ons bedoel nie dra letterlik jou oefenbroek werk toe nie, maar gebruik eerder die idee van die styl. ’n Gemaklike los broek en top kan modieus gedra word saam met ’n hak.

Top: Woolworths
Broek: Woolworths
Skoene: Woolworths
Juwele: Colette by Colette Hayman

Wat is jou kantoor se besigheidsdrag? Deel jou business-casual uitrusting met ons by @bellamag_sa.

 

Fotograaf: Henry Marsh Photography
Hare en grimering: JB Makeup Team
Model: Cassy Glad van Boss Models Jhb

Back To Top
%d bloggers like this: