skip to Main Content
Hier Kan Jy Die Beste Fandom Klere Opspoor

“Style is a way to say who you are without having to speak.” – Rachel Zoe

 Daar is geen beter manier om te wys jy is ’n ware aanhanger as om dit op ’n T-hemp te dra nie. Fandom beskryf groepies aanhangers wat vorm om pop kultuur gebeurtenisse. Hetsy dit ’n film, tv-reeks, boek-reeks of selfs sportsoort is.

Fandom is vandag groter as ooit en jy mag maar jou ware klere (pun intended) wys.

Liefste BELLA het die beste Fandom winkles gaan uitsnuffel:

Amazon.com 

Een van (indien nie die) grootste aanlyn winkles ter wêreld, natuurlik is hulle sommer nommer een op die lys. Of jy nou van Harry Potter, Star Wars of Game of Thrones hou, Amazon het dit. Enigiets van boeke, klere, skoene, games, koppies en selfs nagemaakte props. Amazon is wel internasionaal, daarom kan die prys, betaling en aflewering soms moeilik wees. Jy kan wel sê jy is vanaf Suid-Afrika as jy ’n rekening skep, maar die opsies vir aflewering is beperk.

Wenk: As jy vriende of familie het wat in Europa of die VSA woon kan jy altyd jou pakkie by hulle laat aflewer en koerier na jou óf hulle kan dit saam bring wanneer hulle kom kuier.

Typo 

Dié winkeltjie het ons almal se harte gesteel met oulike skryfbehoeftes en gereedskap wat jy nie noodwendig nodig het nie, maar beslis wil koop. Typo is baie goed daarmee om tendense te lees en stel gereeld nuwe reekse bekend, gebaseer op fandom.

Hulle het al alles gedoen, Disney, Star Wars, Harry Potter, Friends, Marvel en soveel meer. Die trick is om jou geliefde fandom items te koop wanneer dit vrygestel word want meeste van die tyd is dit ’n first come first serve situasie. Jy hou nog vandag van daai Friends koppie en more is hy weg! Verbeel ons, of het Typo die Game of Thrones frenzy gemis…

Pick n Pay Clothing

 Ja, jy het reg gelees. Pick n Pay Clothing het onlangs op die fandom wa geklim en hulle doen glad nie te sleg nie. Hulle het nie vreeslik baie items nie maar Marvel, Disney, DC, Friends en Harry Potter het al kop uitgesteek. Hierdie stukkies goud is gewoonlik tussen die ander items weg gesteek en kan enigiets van hoodies, sweater tops, t-hemde en selfs sokkies wees. En moenie vergeet van baba nie. Jy mag dalk net ’n oulike Wonder Woman tutu opspoor.

Cotton On

As Typo op die lys is, maak dit net sin dat Cotton On ook sal wees. Net soos Typo stel hulle af en toe nuwe reekse bekend gebaseer op fandom. Die reekse is wel meer gefokus op klere items (T-hemde, hoodies, sokkies, baadjie) en gebeur nie so gereeld soos by Typo nie. Musiek is naturlik ’n groter fokus en items van bands soos ACDC, Pink Floyd en Led Zepplin kan hier opgespoor word.

Takelot.com 

Om nie te vergeet van Suid-Afrika se top aanlyn winkel nie. Takealot het ook ’n paar fandom items in hulle mandjie. Nie naastenby die skaal van Amazon nie, maar definitief iets om na te kyk.

Is jy deel van fandom? Waar kry jy jou dosis fandom fashion? Deel met ons by @bellamag_sa.

Amazon: Harry Potter 

Amazon: Star Wars

Amazon: Game of Thrones

Back To Top
%d bloggers like this: