skip to Main Content
Gert X McDonald’s

’n Mashup van mode en kitskos, wie sou kon raai?

Op Woensdag 4 April, het BELLA die voorreg gehad om die vieringe van die ikoniese Big Mac se 50ste verjaarsdag by te woon. Die bekende kitskos handelsmerk het aangekondig dat hulle Gert-Johan Coetzee as een van hulle ambassadeurs gekies het, saam met huidige ambassadeurs Nomzamo Mbatha en Somizi Mhlongi.

“After 50 years of unwavering popularity, the Big Mac is a pop culture icon, and we had to celebrate this milestone with something extraordinary.” – McDonald’s SA’s Chief Marketing and Communications Officer Daniel Padiachy

Gert-Johan het dus ’n spesiale mode-reeks vir McDonald’s ontwerp om die Big Mac se 50ste verjaarsdag te vier en sal die volle reeks bekendstel by die opkomende SA Fashion Week in Sandton City. Al die winste van die reeks se verkope sal gaan aan die Ronald McDonald House Charities.

“This collaboration will directly benefit families who need support during a child’s illness, and the synergy and shared values that made this possible is a foundation that we’re excited to build on.” – Daniel Padiachy

Coetzee se reeks sluit als van tinsel baadjies en trendy sweetpakke tot Faux fur en blinged-up t-shirts in. Daar is ook ’n paar ontwerpe vir die manne en natuurlik die klein fashionistas.

“It’s comfortable and wearable, but still edgy and glam, and there is something for everyone.” – Gert-Johan Coetzee

Maar die opwinding stop nie daar nie. Saam met die legendariese GJC reeks stel McDonald’s ook ’n nuwe Grand Big Mac en Mac Jnr bekend wat vir ’n beperkte tydperk op die McDonald’s spyskaart sal wees.

Maak seker jy koop jou kaartjie vir SAFW hier, want dié gaan ’n vertoning wees wat jy nie wil misloop nie.

Facebook: Gert-Johan-Coetzee-PtyLtd

Instagram: gertjohancoetzee

Twitter: gertjohan

SAFW kaartjies: safashionweek.co.za

 

Geskryf deur: Bianca Raath

Hooffoto: Nicole Laxton Photography

Back To Top
%d bloggers like this: