skip to Main Content
Die Top 10 ‘Best Dressed’ Van Die MET Gala 2019

Die MET Gala 2019 het plaasgevind op die eerste Maandag van Meimaand en die tema, ‘Camp’, het die deur oopgemaak vir baie ongewone uitrustings. 

Mode ontwerper, JJ Schoeman, deel sy Top 10:

1. Anna Wintour in Chanel.

Haar voorkoms was in die kol, haar rok en mantel was nie net elegant nie, maar uitmuntende smaak en styl, volgens ’n tema wat andersins lekker skeef kan loop.

2. Ciara in Peter Dundas.

Die  nuwe smaraggroen kleur rok, gekombineer met haar oorgroot harebos het haar laat uitstaan. Voorwaar ’n treffende en foutlose voorkoms.

3. Joan Smalls in Prabal Gurung.

Die swart deursigtige rok het nie net pragtig aan haar gesit nie, maar die hooftooisel in Osprey gesnipperde vere het dit afgerond.

4. Janelle Monae in Christian Siriano

Haar uitrusting was ’n kunswerk vol verbeelding en tipies van ’n jong, maar reeds ervare modeontwerper. So kusntig.

5. Jennifer Lopez in Versace.

Sexy is die nuwe “camp”.  Met so ’n lyfie en daai been, mag sy maar weer uithang tussen die voorstes in Hollywood. Die uitrusting was volledig en treffend.

6. Hailey Bieber in Alexander Wang.

Die ligpienk lang aandrok met ’n slee was perfek uitgesny en gemaak, dit was foutloos. Die detail op die rug het die aandag gesteel.

7. Miley Cirus in St Laurent.

’n Baie klein groen en swart rokkie met ’n nuwerwetse asimmetriese snit, het so mooi by haar en die tema gepas, dit was koel en in die kol.

8. Cara Delevigne in Dior Haute Couture.

Die prettige kleurvolle omboorsels op velkleurige gaasstof, afgerond met ’n baie interessante hooftooisel was verbeeldingryk en het uitgestaan.

9. Gemma Chan in Tom Ford.

Dis amper onmoontlik om ’n perfek gemaakte noupassende uitrusting in een kleur te oortref. Veral met die aandag geskenk and die fynere details in die hooftooisel en eenvoud daarvan.

10. Katy Perry in Moschino.

As jy nie seker is wat om te dra nie want jy het al alles gedoen en jy kom daar aan met twee kandelare, een op jou kop en die ander een wat jy rondkarwei as n ballgown, vasgenael verewig.

 

Back To Top
%d bloggers like this: