skip to Main Content
Besonderse Black Betty

Jy waardeer die herkoms van die produk as daar ’n wedersydse respek bestaan tussen die juweelstuk en die draer.

Black Betty is ’n Suid-Afrikaanse brand wat in 2012 begin is deur Kristin Weixelbaumer. Kristin is gefassineer met die verwantskap tussen natuurlike elemente en die menslike ervaring daarvan en dit is duidelik sigbaar in haar ontwerpe.

Black Betty is trots daarop dat hulle juweliersware ontwerp word met pen en papier en dan gemaak word deur kunstenaars van Suid-Afrika, Indië, Indonesië en Sri Lanka.

“We believe in the ethereal notion that precious gems find their owners, and exists to facilitate this
magnetism. Jewellery oughtn’t be mere decoration; a slave to style.”

Elke juweel word uniek ontwerp en vervaardig wat lewe gee aan ’n besonderse reeks. Daar is nie net iets vir almal nie, maar ook iets vir elke geleentheid. Klik hier en besoek hulle webblad vir die volle reeks.

 

Facebook: blackbettydesign
Instagram: blackbettydesign
Twitter: BlackBettySA
Wetuiste: blackbettydesign.com

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Foto’s: Verskaf deur Republic PR

Back To Top
%d bloggers like this: