skip to Main Content
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst
Foto: Andre Badenhorst

“Put your money into accessories. You could create a million different looks.” – Iris Apfel

Om bykomstighede by jou uitrusting te plaas is soos ’n superpower. Dit kan jou hele uitrusting in ’n japtrap verander. Of dit nou ’n klein handsakkie, bont skoene of menige ringetjies op jou vingers is, hier is ’n paar tips en truuks.

1. Sê dit met jou skoene

Ons is geneig om skoene te koop in neutrale kleure soos swart en bruin, sodat dit by alles pas. Probeer om een paar te koop in ’n helder kleur soos rooi, pienk of geel. Jy sal sommer vinnig sien hoe dit die kleure in jou klere uitbring.

2. Sokkies vir die somer

Sokkies is lank nie meer net vir wegsteek onder jou denimbroek nie. Hierdie trend is definitief iets om te probeer. Dun gaas sokkies is ideaal vir die warm somer. Jy kan dit aanskaf by H&M, Cotton On of self MRP Fashion. Kyk ook uit vir dié met vrolike valletjies om die rand.

Foto: Andre Badenhors, Sokkies: H&M, Skoene: Rubi

3. Kleur-blok

’n Trend wat steeds sterk staan. Om items te kleur-blok kan vinnig ’n verkil aan jou uitrusting maak. Teenoorgestelde kleure soos pers en geel of blou en oranje word saam gedra. Handsakke of skoene kan maklik gekleur-blok word saam met juwele.

Foto: Andre Badenhorst, Juwele: MRP Fashion, Handsak: MRP Fashion

4. Pas-pas

Om pas-pas te speel is altyd ’n wenner. As dit by bykomstighede kom kan jy eenvoudig jou juwele by jou handsakkie of skoene laat pas.

Wenk: Pasop om dit te oordoen. Breek die kleure met ’n neutrale uitrusting.

5. Teksture manière

Om teksture in jou uitrusting te inkorporeer gee dit ’n interessante element. Jy kan dit doen deur middel van jou skoene, handsak of selfs juwele.

Handsak, skoene of juwele, wat is jou gunsteling? Deel jou uitrusting met ons by @bellamag_sa.

 

Foto’s: Andre Badenhorst
Naels: Sorbet Group
Model: Angeliz Venter
Venue: Boss Models Jhb

Back To Top
%d bloggers like this: