skip to Main Content
Aanlyn Modewinkels Waarvan Jy Móét Weet.

Is jy skrikkerig om klere aanlyn te koop? #LiefsteBELLA is hier om te help.

Daar is niks lekkerder as om op die bank te lê en “add to cart” te klik met ’n glas wyn in die hand nie. Geen gesoekery na parkering, staan in lang tou of wag vir ’n beurt by die aanpaskamers nie. Dis wanneer die tyd kom vir checkout dat jou maag op ’n knop trek. Gaan dit wel by my uit kom en as dit doen gaan dit die korrekte grootte wees? Dan nog nie gepraat van die kwaliteit en die feit dat jy jou bankbesonderhede aanlyn moet invul nie.

Hier is #LiefsteBELLA se gunsteling aanlyn winkels, wat betroubaar en trendy is.

1. Superbalist & Spree

Definitief ’n nommer een op die lys. Spree is een van (as nie die grootste) aanlyn klerewinkels in Suid-Afrika. Jy kan kies van ’n wye verskeidenheid van items, insluitende skoene en bykomstighede. Nog beter, Spree en Superbalist smelt saam vanaf Oktobermaand wat jou opsies net meer maak. Spree het ’n 30 dae terugkeer beleid wat beteken as dit nie pas nie dan stuur jy dit terug. Hulle het ook ’n sekuriteitsbeleid wat verseker jou besonderhede is veilig.

2. Woolworths

An oldie but a goodie. Jy kan nooit verkeerd gaan met Woolworths nie. Doen joushopping in die gerieflikheid van jou eie huis en wees verseker dat die item wat jy wil koop beskikbaar is in jou grootte. Die aanlyn sisteem is veilig om te gebruik en jy kan jou item gaan omruil by enige Woolworths winkel indien jy nie gelukkig is met jou kopie nie.

3. Zando

Zando is nog ’n fantastiese modewinkel waar jy aanlyn jou inkopies kan doen. Die styl opsies is minder as Spree, maar sluit wel bekende handelsname soos Puma, Nike en Levi’s in. Jy het die opsie om op sewe verskillende maniere te betaal en kan jou item binne 14 dae omruil.

4. Versteekte skatte

4.1 Pretty Jane Shop

Die oulike aanlynwinkel is gebaseer in Pretoria en is vinnig besig om te groei. Hulle het tans oor die 70 items in hulle katalogus, wat denims en bikinis insluit. Jy kan jou item gerieflik binne 7 dae omruil vir krediet, indien jy nie gelukkig is nie.

4.2 Skoonma Clothing

Skoonma Clothing is ’n Suid-Afrikaanse aanlynwinkel wat in 2017 begin is deur aktrise Leandie du Randt. Die handelsmerk het vinnig gegroei tot ’n suksesvolle aanlynwinkel wat vintage styl items verkoop. Indien jy nie gelukkig is met jou kopie nie, kan jy Skoonma Clothing kontak binne 7 dae van ontvangs.

4.3 Hello Pretty

Hierdie Suid-Afrikaanse aanlynwinkel het iets van alles vir almal. Hulle sien hulself as ’n aanlynmark waar individuele ontwerpers regoor Suid-Afrika hul produkte kan verkoop. Gedurende die koopproses kan jy kies of jy die item by die ontwerper se fisiese adres wil optel of afgelewer wil hê. Die omruilingsbeleid hang wel af van elke
individuele ontwerper.

4.4 My Scattered Heart

MSH is ’n aanlynwinkel wat items invoer vanaf regoor die wêreld. Die winkel het ’n tipiese boho styl en is perfek vir al die kaalvoet BELLAS daar buite. Items neem tussen twee tot tien werksdae om afgelewer te word. Jy neem verantwoordelikheid vir die koste van jou omruiling en geen terugbetalings word toegeken nie.

View this post on Instagram

Walking into Wednesday with @raya_rossi 💃🏻

A post shared by MSH | The Label (@myscatteredheart) on

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Hooffoto: Shutterstock 

Back To Top
%d bloggers like this: