skip to Main Content
5 Stappe Tot ’n Netjies Klerekas

“The space in which we live should be for the person we are becoming now, not for the person we were in the past.” – Marie Kondō

Jou klerekas is maar nou net een ding wat moeilik is om netjies te hou. Maak nie saak hoeveel YouTube video’s jy kyk oor hoe om jou klere perfek te vou nie, dit eindig alles weer dieselfde op.

Nóg ’n probleem is dat min van ons by die huis kom en items uitgooi sodat die toppies wat jy nou net gekoop het hulle kan vervang. Jou klere raak net meer en meer en jy eindig op met ’n vol kas waarvan jy net dieselfde 10 items dra.

Cary Prince is ’n gesertifiseerde professionele organiseerder (ja daar bestaan so iets) gebaseer in Los Angeles. Prince stel voor dat jy jou kas seisoenaal sorteer. Sodoende sal dit met tyd makliker raak.

Volg die vyf stappe:

Foto: Shutterstock

1. Voorbereiding

Volgens Prince moet jy begin deur houers of sakke reg te kry om jou klere in te sorteer. Die twee hoof hope is weg gooi en weg gee. Jy kan ook ’n hoop maak vir klere om te verkoop en klere om aan vriendinne of familie te skenk.

2. Gooi Alles Uit

Begin deur alles uit te gooi sodat jou kas leeg is. Jy kan nou bietjie af stof en skoonmaak. Staan terug en neem die spasie van jou kas in ag. Dink waar jy wat wil plaas. As jou vorige orde goed gewerk het hou dit so, anders kan jy dit bietjie aanpas of iets nuuts probeer.

“The prime real estate is right in front, so think about your most-used items,” – Cary Prince

3. Stukkie vir stukkie

Nou is dit tyd om deur jou klere te gaan en een-vir-een en te besluit wat gaan waar. Dis maklik om jouself te oorreed om iets te hou. Vra jou jouself dié vier vrae om dit makliker te maak:

  1. Pas dit jou?
  2. Het ek dit in die laaste jaar aangetrek?
  3. Gaan ek dit regmaak (indien dit stukkend is)?
  4. Voel ek gemaklik daarin?

As jou antwoord op enige van die vrae NEE is dan moet jy dit uitgooi. Japanese organiseringskonsultant en skrywer, Marie Kondo, het ’n meer geestlike benadering. Volgens Kondo moet jy jouself afvra of die item vreugde opwek.

“The best way to choose what to keep and what to throw away is to take each item in one’s hand and ask: “Does this spark joy?” If it does, keep it. If not, dispose of it.” – Marie Kondō

4. Terug pak

Nadat jy besluit het wat jy wil hou, begin dit terug in jou kas pak. Werk volgens tipe items (toppies, broeke, rokke) en pak dan elke item volgens styl (lang mou, kort mou, halter nek) en dan kleur terug. Cary Prince stel voor om dit min of meer in lyn met die ROYGBV (red, orange, yellow, green, blue, violet) metode te pak. Donker kleure (swart en bruin) onder en ligte kleure (wit en nudes) heel bo.

5. Rond af

En siedaar! Jy is kant en klaar. Staan terug en kyk dat alles vir jou sin maak. Sit sommer dadelik die sakke vir donasie en skenking in jou kar. Probeer by jou organiseringsafdelings hou en maak een keer ’n maand netjies. Dit sal verhoed dat jy gou weer jou hele kas hoef te organiseer.

Is jy ’n neat-freak? Deel jou organiseringstegnieke met ons by @bellamag_sa.com.

Back To Top
%d bloggers like this: