skip to Main Content
5 Móét Sien Modefilms

“Okay. Can you please spell Gabbana.” Ons almal ken die ikonies lyn.

Gebaseer op die 2003 topverkoper boek, is Devil Wears Prada meer as net nóg ’n fliek oor mode. Dit was een van die eerste sneak peeks in die modewêreld in en het die grondslag gelê vir soveel meer. As Devil Wears Prada jou modegier gekielie het sal jy definitief hierdie flieks en series ook geniet.

1. Confessions of a Shopoholic

Rebecca Bloomwood (Isla Fisher) is ’n jong skrywer wie in New York woon en ’n groot liefde klerewinkels het. Die probleem kom wanneer sy dit so baie geniet dat sy diep in die skuld beland. Hierdie romantiese komedie sal jou nie net laat smag na al die mooi klere nie, maar ook lekker laat lag.

2. The first Monday in May

As jy ’n ware liefde vir die kuns van modeontwerp het is die dokumentêr ’n definitiewe moet. Die MET Gala word jaarliks op die eerste Maandag in Mei deur die internasionale modetydskrif, Vogue, aangebied. Volg Anna Wintour en loer agter die skerms – van die tema kies tot die uitstalling opstel en die finale Gala aand.

3. The Bold Type

As ’n series oor ’n top mode tydskrif jou nie genoeg interesseer nie sal The Bold Type jou siening vinnig verander. Die nuwe TV-reeks handel oor drie vriendinne en die alledaagse challenges van die lewe. Hulle vat ook kwessies van die moderne lewe aan soos werkloosheid, selfbeeld en seksuele teistering.

4. How to lose a guy in 10 days

Ja dit is nie heeltemal ’n modefilm nie, maar ons kon hom ook nie van die lysie afhaal nie! Andy (Kate Hudson) werk tog by ’n modetydskrif. En wie kan vir Matthew McConaughey nee sê? Geniet die lekker romantiese komedie soos Andy die interessante artikel probeer skryf.

5. Ocean’s 8

Aangesien die MET Gala die ultimate mode bymekaarkoms is, is dit net vanselfsprekend dat die nuwe Ocean’s 8 die lys afrond. Debbie Ocean (Sandra Bullock) word vrygelaat uit die tronk na vyf jaar, agt maande en twaalf dae. Net
genoeg tyd om haar volgende plan te beraam.

Weet jy van nóg ’n fashionista fliek waarvan ons vergeet het? Laat weet ons en tag @bellamag_sa.

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Media: giphy.com

Back To Top
%d bloggers like this: