skip to Main Content
10 Fashion Hacks Waarvan Niemand Jou Vertel Het Nie

Meeste lifehacks word van generasie tot generasie oorgedra. Ons kan jou belowe jou ma het jou nog nooit van dié mode lifehacks geleer nie.

Met vandag se ‘Google-alles’ leefstyl, is dit makliker as ooit om kennis te deel. Sharing is caring, right? Maak reg om te ontvang want hier is 10 mode lifehacks wat jou lewe gaan verander.

1. Moenie jou klere aantrek direk nadat jy dit gestryk het nie. Los dit eers vir 5 minute om af te koel anders sal dit dadelik weer kreukel.

2. As jy vining wil weet of ’n denim jou sal pas, meet die lyfband van die denim om die omtrek van jou nek. As die lyfband gemaklik bymekaar kom sal die denim pas. Probeer dit en laat weet ons 😉(Sarah Ahmed, Creative Director, Premium Denim)

3. Spuit jou tights met haarsproei om te verhoed dat dit leer of skeur.

4. Trap jou nuwe skoene uit deur sokkies aan te trek en dan die skoen warm te blaas met ’n haardroër.

5. ’n Hardkoppige kreukel op jou hemp? Gebruik jou straightener om klein kreukels vining te verwyder.

6. Verwyder krappe uit jou leersak deur room met ’n oorstokkie aan te wend. Verkieslik geurlose, kleurlose room.

7. ’n Hemp met ’n V-nek gee dadelik die illusie van ’n langer middellyf.

8. Om jou denim te was, rek die denim uit en verswak die materiaal. Plaas eerder jou denim in ’n sakkie en stoor dit in die vrieskas vir twee dae. Die denim sal ‘skoon- vries’ en sy vorm behou.

9. Plaas baksoda oornag in jou sweeterige skoene. Dit sal die reuk en vogtigheid absorbeer.

10. Maak ’n deurskynende elastiese rekkie aan jou broek se zip vas en hak dit om die knoop om te verhoud dat die zip afgly.

Bron: stylecaster.com

Back To Top
%d bloggers like this: