skip to Main Content
10 Dinge Wat Jy Nie Geweet Het Van Die Game Of Thrones Klerekas.

Van Khaleesi se stunning haarstyle tot Cersei se Avant Garde rokke. Ons klim in die wêreldbekende reeks se klerekas in.

Jy mag dalk die storielyn van voor tot agter ken, maar het jy dié 10 interessante Game of Thrones kostuum feite geweet?

1. Spesiaal vir die reeks

Jy sal nie hierdie kostuums sommer enige plek kan kry nie. Michele Clapton, hoof van die kostuum departement, het in 2012 vertel dat hulle amper alles van nuut vir die reeks skep, selfs die tekstiele.

“Ninety-nine percent of the costumes are made in-house, in Belfast. We weave our own fabric with our loom — many of the fabrics are literally made from scratch.” – Michele Clapton

2. Nuut maar nie splinternuut

Die fynste detail word ingewerk. Daarom het Clapton ’n span wat haar help sodat die items lyk of hulle al gedra is. Die ‘breakdown’ span is verantwoordelik daarvoor om die klere tot ’n mate toe te verniel en dan te herstel sodat dit realisties voorkom. Dit word soms vir twee weke lank behandel.

3. Is dit ’n jas of ’n mat..

Jy sal dink dat die reeks duisende rande spandeer op hulle kostuums, en regtelik so. Maar dis nie altyd nodig nie. Glo dit of nie, baie van die pelsjasse word gemaak van IKEA matte.

“We take anything we can; we cut and we shave them and then we added strong leather straps.” – Michele Clapton

4. Sansa se belt van beskerming

Sansa Stark moes al baie deurgaan tot en met nou en dis duidelik in haar kostuum. Clapton verduidelik hoe sy nou in die agste seisoen haarself beskerm. Sy’s nie meer die verliefde dogtertjie wat sy was in seisoen een nie.

“So I designed a belt that comes around the neck, across the chest and around the waist. She’s trying to protect herself from all the awfulness that’s happened. It’s a form of armor.” – Michele Clapton

5. Reduce, reuse, recycle

Niks word weggegooi nie. Van die kostuums word slegs ’n paar sekondes gesien. Daarna word hulle weer benut deur dit te transformeer in iets nuuts.

“That happened, but you can’t undo it. So then next year, maybe those costumes are dyed and cut and changed and broken down and they become something else. We try and be thrifty.” – Michele Clapton

6. Rapunzel, Rapunzel

Kostuums strek verder as net ’n rok en skoene. Volgens die aktrise Sophie Turner, wie die karakter Sansa Stark vertolk, dra omtrent almal ’n pruik. Daar is omtrent 20-30 pruike, waarvan twee aan Khaleesi behoort. Dit maak sin as jy dink aan al die komplekse vlegsels.

7. Gebreekte bene

Volgens die boeke waarop die reeks gebaseer is, baat die Wildling’s vanuit hul omgewing. Dit sluit in diere vel, leer en bene… Daarom het die span bene op Ebay gekoop. Die bene was gebruik om vorms te maak wat dan gekopieer is vir die kostuums.

“We bought a lot of bones online from eBay. Then we took molds of the bones and made armor.” – Michele Clapton

8. ’n Uitrusting vir elke geleentheid

Die karkaters met die meeste kostuums – Cersei en Margarey. Die verskillende huis kleure en die haat wat die twee karakters vir mekaar het word verteenwoordig in hul kostuums.

9. Die duurste kostuum

Natuurlik is dit ’n trourok, Margarey sinne om presies te wees. Die rose rok was ’n simbool van die Tyrell familie huis. Elke roos op die rok was met die hand gemaak. Die rose word ook gesien in Joffrey se kroon, simbool van Margarey se invloed op hom.

10. Hare wat pas by die tyd

Gedink dis net die klere wat vuil moet lyk? Die haarstileer-span doen hulle deel ook. Kevin Alexander verduidelik hoe hulle Vaseline gebruik om daai olierige effek op die hare te kry. Dan sif hulle bietjie grimering bo-oor om dit ’n vuil voorkoms te gee.

“…then a dry product, then you knit the hair together in little sections almost like you’re doing a little dread.” – Kevin Alexander

Wat het jou die meeste verbaas? Deel met ons by @bellamag_sa.

 

Bronne: mentalfloss.comelle.combustle.combuzzfeed.commarieclaire.comhollywoodreporter.comfashionista.com

Back To Top
%d bloggers like this: