skip to Main Content
Het Jy Al Intermittent Fasting Oorweeg?

Intermittent fasting is tans een van die gewildste trends in die gesondheidswêreld. Mense volg dit vir algemene gesondheid en gewigsverlies. Hier is jou 101 oor Intermittent Fasting.

Wat is intermittent fasting presies?

Dit is ’n eetprogram wat wissel tussen eet en vas sonder om te spesifiseer watter tipe kosse jy mag eet en hoeveel daarvan. Dit is nie ’n dieet in die tradisionele sin van die woord nie, maar kan eerder beskryf word as ’n eetpatroon of leefstylplan.

Wat is die algemene riglyne?

Algemene intermittent fasting metodes behels om vir 16ure op ’n slag te vas of selfs vir 24uur, tot en met twee keer per week.

Die drie gewildste metodes:

Die 16/8 metode: Hierdie metode behels dat jy ontbyt mis en sodoende jou tyd wat jy wel vir die dag eet beperk tot tussen 13:00 die middag en 21:00 die aand. Dan vas jy weer vir 16 ure voor jou volgende ete.

Eet-stop-eet: Dit beteken jy vas vir 24uur, een- of tweemaal per week. Jy eet dan byvoorbeeld jou laaste ete vanaand en eet dan jou volgende ete eers weer moreaand.

Die 5:2 metode: Op hierdie manier neem jy net 500 – 600 kalorieë in per dag, vir twee dae van die week. Die twee dae moet nie direk na mekaar val nie. Die ander 5 dae van die week eet jy normaal.

7 moontlike voordele:

Gewigsverlies, insulienweerstandigheid kan verminder, inflammasie verminder, hart- en breingesondheid verbeter, moedig teenveroudering aan.

3 dinge om te onthou:

  1. Intermittent fasting kan jou help om gewig te verloor, mits jy nie in die strik trap om meer as gewoonlik te eet in die tye wat jy wel kan eet nie.
  2. As jy ’n geskiedenis het van eetversteurings, sukkel om swanger te raak, diabetes, borsvoed, sukkel met lae bloedsuiker of sukkel om gewig op te tel, is hierdie leefstyl beslis nie goed vir jou nie.
  3. Doen jou eie, deeglike navorsing en moet nie die nuwe trend volg net omdat almal dit doen nie. Jou liggaam, jou hormone en jou vermoëns is uniek.
Back To Top
%d bloggers like this: