skip to Main Content
Word Weer Heel Na ’n Miskraam | Deel 2

’n Miskraam beïnvloed jou partner net soveel soos jouself en dan is daar nog die gedagtes oor ’n volgende swangerskap ook.

Vroue moet nie net emosioneel cope nie, maar ook fisies. Jou liggaam is dalk in pyn en die proses was traumaties. Tussendeur al die drama gaan die partner se gevoelens maklik ongesiens verby.

Meeste partners is net so opgewonde oor die koms van die baba soos die mamma. Het jy geweet, volgens navorsing deur Dr. Petra Boynton by die University College London, het 55% van die partners alreeds aan moontlike name gedink vir die baba? Na die verlies ervaar 85% persent ’n gevoel van harsteer, 63% ervaar rou, en 58% voel geskok. Maar amper ’n kwart van die partners deel nie hulle gevoelens met die vrou nie as gevolg van die vrees om haar net nog meer te ontstel.

Swangerskap na die miskraam?

Die moontlikheid van swangerskap na die miskraam kan gemengde gevoelens bring vir die couple. Aan die een kant soek jy nog steeds ’n baba en aan die anderkant weeg die vrees van nog ’n verlies ook swaar. Sommige couples kies om te wag, sodat die liggaam eers weer ’n paar menstruasiesiklusse deurgaan en gebruik dan hierdie tyd vir genetiese toetse, outopsies en om emosioneel gesond te word. Wees sag op jouself en onthou dat jy mag rou oor die verlies van jou ongebore baba. Moenie die seer probeer wegvee met ’n nuwe swangerskap wat dalk te vinnig is nie. Bespreek dit met jou partner en jou dokter.

Wat om te doen?

Dit is moeilik en seer, maar embrace die pyn. Vra uit oor jou partner se gevoelens en wees gentle op julleself. Moenie die proses wegdink of onder die mat invee nie, want dit maak deel uit van jou unieke lewensverhaal.

 

Bronne: lifehealthcare.co.zaissuu.com/johnbrownsa baldsy 16 en 17.
Dr. Francis Maleka – ’n ginekoloog by Life Mercantile Hospital in Port Elizabeth.

Back To Top
%d bloggers like this: