skip to Main Content
Weet Jy Wat Is ’n ENT Spesialis?

Partykeer praat iemand van ’n spesifieke soort dokter asof dit alombekend is. Dan sit jy dalk net stilletjies terug en wonder wat presies dit is?

BELLA het gaan uitvind wat is ’n ENT spesialis.

Waarvoor staan ENT?

Dit staan vir Ear, Nose and Throat. Dit is ’n dokter wat werk met alle siektes wat begin by jou sleutelbene tot by die basis van jou kopbeen.

Hoekom besoek jy ’n ENT?

Jy besoek hierdie dokter wanneer jy sukkel met oorinfeksies, gehoor en balans, as jy sinus verwante siektes het, allergieë, en sukkel met asemhaling of reuk. Óf as jy sukkel met keel verwante siektes soos mangelontsteking, slukprobleme, en ’n hees stem. Mense wat slaap apnee het sal ook heel moontlik na ’n ENT verwys word.

Wie sal jou na ’n ENT verwys?

Spraakterapeute, radioloë en pediaters werk gereeld saam met ’n ENT en kan jou moontlik na een verwys. In spesiale gevalle raak neurochirurge en oogspesialiste ook deel van die span. Dit is algemeen vir ’n ENT om saam met plastiese chirurge en maksillofasiaal chirurge te werk wanneer dit gaan oor siektes in die kaak-area.

Dit is raar dat net een dokter aan ’n komplekse probleem sal werk. Hulle vorm dikwels ’n span, en span almal se kennis in om so goed as moontlik na die pasiënt om te sien.

 

Bronne: healthcommunities.com

Back To Top
%d bloggers like this: