skip to Main Content
Wat Moet Jy Weet Oor Antihistamine?

Volgens die Allergy Foundation South Africa sal ’n derde van Suid-Afrikaners deur hulle leeftyd sukkel met ’n allergie.

Die algemeenste allergieë is ekseem, asma, hooikoors, ’n kos allergie, veluitslag en anafilakse. Maar het jy geweet mens kry eerste- en tweede generasie antihistamine? En wanneer moet jy watter een gebruik?

Sommige allergieë is seisoenaal, soos stuifmeel wat hoofsaaklik in die lente en somer ’n probleem is. Ander allergieë is meerjarig en kan enige tyd van die jaar aan jou deur kom klop. Dit sluit in ’n allergie vir stof, muf, vere of troeteldiere. Dr. Corli Lodder van die Allergy Clinic in Boksburg meen, dit is baie belangrik om bewus te wees dat daar ’n verskil is tussen eerste- en tweede generasie antihistamine. Jy moet ook weet watter een is die beste vir jou.

Wanneer jou liggaam ge-trigger word vir ’n allergie soos stuifmeel, produseer dit chemikalieë met die naam histamien. Hierdie histamien veroorsaak inflammasie in jou liggaam wat beteken dat jou oë traan, jou neus raak geswel en jy kan dalk begin jeuk. Die spesifieke simptome van inflammasie verskil wel van mens tot mens.

Medikasie soos antihistamien blok dan die histamien wat dan die simptome van die allergie wegvat of sal verlig.

Eerste generasie antihistamine:

  • Bind tot die histamien reseptore.
  • Veroorsaak newe-effekte soos lomerigheid en kognitiewe gebrek, swak kwaliteit vanslaap en swak konsentrasie vir kinders in die skool.
  • As dit saam met verkoue medikasie gebruik word kan die medikasie selfs teen mekaarwerk, wat verwarring kan veroorsaak.

Tweede generasie antihistamine:

  • Is minder geneig om deur die bloedverspreiding van die brein te beweeg en daarom word dit geassosieer met minder newe-effekte.
  • Is meer spesifiek in die binding van die reseptore.
  • Veilig vir daaglikse gebruik.

Maak seker jy bespreek dit met jou dokter en wees ook wakker oor wat jy in jou kinders se lyfies sit.

 

Bron: iNova Pharmaceuticals

Go gotallergies.co.za  for more information.
1.       Allergies – Allergy Foundation South Africa, Website accessed on 25 October 2018
2.       What’s the difference between seasonal allergies and perennial allergies?, Website accessed on 25 October 2018
3.       Perspectives on Second-Generation OTC Antihistamines – Pharmacy Times 30 March 2012, Website accessed on 22 October 2018
4.       Dr Corli Lodder – Allergy Clinic in Boksburg, Johannesburg (unpaid interview via email conducted on 10 October 2018)
5.       Web MD – Do I need antihistamines for allergies? Website accessed on 25 October 2018
6.       Alfaro, V. Role of histamine and platelet-activating factor in allergic rhinitis. Journal of physiology and biochemistry 60(2):101-11 · July 2004, Website accessed on 9 May 2018
7.       Picado C. Rupatadine: pharmacological profile and its use in the treatment of allergic disorders. Expert Opinion in Pharmacotherapy 2006; 7(14):1989-2001.

Back To Top
%d bloggers like this: