skip to Main Content
Wat Is ’n Skin Tag En Moet Jy Daaroor Bekommerd Wees?

Met die vakansie wat voorlê het jy dalk baie tyd op hande en dit gee jou kans om bietje na jou vel te kyk. Maar hoe gemaak as jy skin tags of muis-moesies op jou vel ontdek!

Wat is dit?

’n Skin tag is ’n klein, sagte vergroeisel wat dieselfde kleur is as jou vel. Dit is bietjie langwerpig en sal hang of met ’n puntjie staan.

Ontspan!

Dit is baie algemeen, skadeloos en pynloos. Dit kan verskil in kleur en grootte vanaf ’n paar millimeter tot selfs 5cm lank. Dit is dikwels in die nek, onderarms, binnebene of onder jou borste. Enige plek waar vel teen ander vel skuur. Hulle kan selfs groei op ooglede of onder die vou van jou boude.

Wie kry dit?

Beide mans en vroue van verskeie ouderdomme kan skin tags ontwikkel. Dit kom baie voor by mense wat oorgewig is, mense met tipe twee diabetes of swanger vroue (as gevolg van die hormoon wisselinge).

Hoe raak ek ontslae daarvan?

Moenie self jou skin tag probeer afhaal nie. Maak liewer ’n afspraak by jou dokter, dit kan maklik afgebrand of afgevries word deur die dokter en indien nodig kan dit chirurgies verwyder word onder narkose.

 

Geskryf deur: Suret Alive
Foto’s: Shutterstock
Bron: nhs.uk

Back To Top
%d bloggers like this: