skip to Main Content
Wat Is Leë Kalorieë En Hoe Vermy Jy Dit?

As jy wil vasstel watter kos het leë kalorieë, moet jy seker maak jy lees die labels.

Enige soliede vette en bygevoegde suiker is ’n slegte teken. Dit is dikwels die (baie lekker) verpakte of geprosseseerde kosse in die middelste rakke van die winkel.

Wat beteken leë kalorieë?

Dit beteken dat daar geen voedingswaarde in die kossoort is nie, alhoewel daar klomp bestanddele bygevoeg is wat dit baie lekker laat smaak.

Watter produkte moet jy vermy?

  • Lekkernye soos gebakte koeke, koekies, en donuts.
  • Koeldranke soos gaskoeldrank, energiedrankies, en baie vrugtesappe.
  • Roomys, verskeie kase en vooraf verpakte smoothies
  • Kitskos soos pizza, hamburgers, milkshakes en slap tjips.
  • Verwerkte vleise soos rooiworsies en palony.
  • Harde lekkers, sagte lekkers en enige bars (chocolate bars, enery bars en candy bars)

Watter produkte is jou aandag werd?

  • Vars vrugte soos bessies, appels, lemoene en piesangs, mango, perskes en kiwi.
  • Groente (vars of gevries) soos broccoli, blaargroente, wortels, ertjies.
  • Volgrane soos bruinrys, barley en volgraan pastas.
  • Legumes soos boontjies en lensies
  • Suiwel soos vars melk (nie long life milk nie) en plein griekse jogurt sonder enige versoeters of kleurmiddels.

 

Bronne:

https://www.healthline.com/health/food-nutrition/empty-calories#what-to-eat

 

 

Back To Top
%d bloggers like this: