skip to Main Content
Wanneer Moet Ek Gaan Vir ’n Papsmeer?

As vrouens is daar baie dinge waaraan ons moet dink. #BELLA antwoord al jou vrae oor ’n papsmeer sodat jy een ding minder het om oor te stres.

Wat is ’n papsmeer?

’n Papanicolaou toets, papsmeer of servikale smeer is ’n tipe toets wat jou ginekoloog kan doen om jou serviks te toets vir kankeragtige selle of enige ander abnormaliteite. Gedurende ’n papsmeer sal jou ginekoloog ook kyk na jou vulva en serviks voor hy/sy ’n monster van jou selle sal neem.

Lees: Ons antwoord jou top 5 vrae oor ’n papsmeer

Hoe voel dit?

Jou eintlike vraag is: Is dit seer? ’n Papsmeer is nie veronderstel om seer te wees nie. Dit kan wel ’n bietjie ongemaklik voel. Die apparaat waarmee hulle ’n papsmeer doen word ’n spatel genoem en dit lyk soos ’n klein, rubber verfkwassie. Die spekulum is die apparaat wat gebruik word om die vagina oop te hou. Dit neem gewoonlik ’n volle 8 sekondes, en die hele storie sal vinniger verby wees as jy ophou toeknyp en ontspan.

Hoe gereeld moet jy ’n papsmeer kry?

As jy jonger as 21 is, is dit nog nie nodig vir gereelde papsmere nie (tensy jy anders aangeraai word deur jou dokter of ’n familie-geskiedenis van servikale kanker het). Indien jy ouer as 21 is, en seksueel aktief is, beveel #BELLA aan dat jy minstens een keer ’n jaar jou ginekoloog sien. Hy/sy sal dalk nie elke jaar ’n papsmeer doen nie, maar dit is steeds goed om jaarliks ’n inwendige ondersoek te ontvang.

Lees: 3 Dinge wat elke BELLA oor servikale kanker moet weet

Vrouens ouer as 30, word aangeraai om een keer ’n jaar ’n papsmeer én ’n inwendige ondersoek te kry. Die rede hiervoor is dat jou kans vir servikale kanker en ander siektes toeneem na 30.

 

Bron: aoafamily.com

Back To Top
%d bloggers like this: