skip to Main Content
Verstaan Jou Hoofpyn

Meeste van ons het al ’n hoofpyn beleef.

Ons gebruik maklik over-the-counter medikasie om die pyn vinnig te verlig, maar sommige kopsere is hardnekkig en kom weer terug. As jy presies kan verduidelik waar jou kopseer is en hoe dit voel kan dit vir jou dokter van groot hulp wees. Kom ons kyk:

Sinus kopseer

Die pyn is in jou sinuskanale agter jou voorkop, wangbene, en brug van jou neus. Dit kan soms verwar word met ’n migraine. Met ’n sinus kopseer sal jou gesig pyn, jou neus loop, jou ore voel vól, jy voel koorsig, en jou gesig is geswel. Skielike bewegins of stremming sal die pyn vererger.

Tension headache

Dit is ’n aanhoudende, dowwe pyn oor jou voorkop. Stres maak dit erger en dit kan tot en met 7 dae volhou. Jy sal ook sukkel om te slaap.

Cluster kopseer

Dit is op een spesifieke plek in jou kop. Gewoonlik aan een kant van die kop, naby jou oog of tempel. Die kopseer ontwikkel vinnig en kan tot en met 90-minute aanhou. Dit word veroorsaak deur sterk reuke, alkohol, strawwe oefening, of wanneer jy te warm word.

Migraine

Dit is ’n polsende kopseer wat hoofsaaklik een deel van die kop affekteer. Dit kan enigiets tussen vier ure tot drie dae aanhou. Roetine fisiese aktiwiteite soos loop, buk, of om jou kop te draai kan dit erger laat voel. Migraines gaan dikwels ook gepaard met ligsensitiwiteit, naarheid, en ’n onvermoë om normaal te funksioneer.

Wat moet jy doen as jou kopseer nie weggaan nie?

As jou kopseer aanhoudend terugkeer gaan dit nie help jy medicate jouself nie. Drie dae is ’n goeie riglyn. As die pyn langer as drie dae aanhou of meer as drie keer terugkom moet jy ’n dokter gaan sien.

 

Bronne: lifehealthcare.co.za, issuu.com/johnbrownsa

Back To Top
%d bloggers like this: