skip to Main Content
Vermy Blaasinfeksie Só Wanneer Jy Travel…

Vir baie BELLAS is blaasinfeksie ’n gereelde irritasie wat nogal jou gemoed en jou daaglikse roetine kan omkrap.

En, asof dit nie erg genoeg is nie, is blaasinfeksie wanneer jy travel jou grootste nagmerrie wat moontlik kan waar word. Volg hierdie 6 wenke om ’n infeksie te verhoed:

  • Drink baie water om jou urine deurskynend of liggeel te hou.
  • Gaan gereeld badkamer toe tydens jou vlug en op land.
  • Moenie lank knyp wanneer jou blaas vol is nie.
  • Maak seker jou blaas is heeltemal leeg voor jy die badkamer verlaat – moet niks terughou nie.
  • Vermy kafeïene en alkohol op die vliegtuig, of beperk dit tot die minimum, dit sal jou dehidreer en ’n infeksie kan só moontlik ontwikkel.
  • Drink ’n ekstra Vitamien C aanvulling of cranberry sap vir voorkoming. Dit sal ongelukkig nie ’n infeksie wat reeds ontwikkel het wegvat nie, but…prevention is better than cure.

 

Geskryf deur: Suret Alive
Foto’s: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: