skip to Main Content
Top 5 Wenke Vir Wanneer Jy Kies Om Op Te Hou Rook

Kyk, om op te hou rook is beslis nie maklik nie. Jou gesondheid sal wel báie verbeter oor ’n tydperk, jou familie en vriende sal ook baie dankbaar wees, want second-hand smoking is nét so skadelik vir ’n mens.

Kies ’n datum

Dit is baie maklik om te besluit jy wil ophou rook, maar jy moet ’n daad by die woord voeg. Begin deur ’n datum te kies – verkieslik in ’n tyd waar jy die gewone triggers kan vermy. As jy meer rook tydens stresvolle tye, kies ’n tyd wat nie so stresvol is nie. As jy meer rook tydens sosiale geleenthede, kies dan ’n tyd waar jy vir ’n rukkie daarvan kan wegbly. Dit gaan beslis nie moontlik wees om vir altyd die triggers te vermy nie, dis ’n feit. Dit gaan wel net die eerste week of twee se versoekings baie minder maak.

Hoekom hou jy op?

Jy moet die antwoord op hierdie vraag weet wanneer die craving onuithoudbaar is. Skryf dit neer en lees dit wanneer jy sukkel. Of jy dit nou vir jouself of vir iemand anders doen, die voordele tel ook in jou guns. Jou smaaksintuig sal verbeter of herstel. Jy sal makliker asemhaal tydens oefensessies. Jou asem en klere sal varser ruik en jou bankrekening sal beslis bietjie breathing space hê.

Foto: Shutterstock

Cravings

Jy moet sommer nou al weet jy gáán cravings kry. Party mense laat dit dalk pynloos lyk, maar om op te hou rook is ook ’n battle of the mind. Moet nie op die craving reageer nie. Verstaan wel dat rook ’n verslawing was vir jou. Dit gaan tyd vat voor die cravings verdwyn en sommige mense raak jare later steeds lus vir ’n sigaret. Dit bly altyd jou keuse om nie in te gee vir die craving nie. Trek jou aandag af deur jou fokus te verskuif. Mediteer, lees, stap, en as jy regtig moet doen ’n blokkiesraaisel. Doen enigiets wat dit vat om nie weer ’n sigaret aan te steek nie.

Accountability partner

As jy kans sien vir hierdie een is dit ’n great plan. Iemand wat jou ondersteun of selfs saam met jou probeer quit sal baie help. Jy kan ook die QuitNow! App download.

Wat sê die dokter?

As jy al vir ’n baie lang tyd rook is dit ’n goeie plan om jou nuwe doelwit met jou dokter te bespreek. Jy kan dalk voorskrifmedikasie kry wat sal help met die ontrekkingsimptome. Jou dokter sal jou ook kan voorberei op enige newe-effekte en wat jy kan verwag.

 

Bronne: lifehealthcare.co.za, ekickbutt.org.za, quitnowapp.com, issuu.com/johnbrownsa

Back To Top
%d bloggers like this: