skip to Main Content
Top 5-wenke Om Jou Sweet Spot Te Versorg.

Om jou vagina te versorg beteken minder jeukerigheid en irritasies, min of geen blaasinfeksies, en pynlose seks.

Sê nee vir seep.

Jou vagina het ’n pH-balans wat instand gehou moet word. As jou balans out of whack is sal dit lei tot infeksies en ongemak. Seep is ’n culprit wat hierdie balans kan versteur. Om met water te was is heeltemal genoeg, want jou vagina is ’n liggaamsdeel wat self-cleansing is. As jy regtig wil kan jy vir jou ’n intimate wash koop wat spesiaal geformuleer is om die pH- balans in stand te hou.

Gee vir haar breathing space.

Hierdie reminder is vir jou as jy ’n gym of yoga bunny is. Kieme groei in nat en warm plekke. Maak seker jy trek jou natgeswete oefenklere of nat swembroek vinnig uit. Die humiditeit is die ideale broeiplek vir irritasies en infeksies.

Gebruik watergebaseerde lube.

As jy lube gebruik tydens seks verminder dit jou kanse vir klein mikro-skeurtjies by jou vaginale opening. As daar skeurtjies is, is daar net soveel meer plekkies vir infeksie om te ontwikkel.

Piepie na seks.

Tydens seks word daar bakterieë vrygestel wat soms kan lei tot blaasinfeksie. As jy piepie na seks kry jy die bakterieë uit jou liggaam en verminder jou kanse vir blaasinfeksie.

Sien ’n dokter as jy herhalend infeksies te kry.

As jou infeksies aanhoudend terugkom sal dit nie help jy dokter dit met over-the counter medisyne nie. Daar is dalk iets groter verkeerd wat deur ’n dokter ondersoek moet word. Moenie bang wees nie, maak die afspraak.

 

Bronne: Dr Lauren Streicher – professor van Ginekologie by Chichago Nort-West University se Feinberg School of Medicine, myliv.co.za

Back To Top
%d bloggers like this: