skip to Main Content
Só Toets Jy Die Kwaliteit Van Jou Kos.

GreenTest is ’n nitraat en bestralingsaanwyser – in die vorm van ’n klein, draagbare masjientjie. Jy kan dit gebruik om nitraatvlakke in vrugte, groente, vleis en water te toets.

Nitrate kom natuurlik voor in vrugte en groente. Klein hoeveelhede is nie skadelik nie, maar oor die jare het nitraatvlakke vermenigvuldig as gevolg van moderne landbou-metodes. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie bepaal dat ’n daaglikse inname van 3.7 milligram per 1kg van liggaamsgewig veilig is, maar tans neem ons 10 keer meer nitrate in as wat voorgeskryf word. Te veel blootstelling aan nitrate kan op die langtermyn lei tot verskeie
gesondheidsprobleme soos diabetes, Alzheimer’s, Parkinson’s, en nog meer.

Jy sal die GreenTest love as jy ’n foodie of sjef is wat graag net die beste kwaliteit wil gebruik vir jou maaltye. Dit vat net ’n paar sekondes om die toksiene in die voedselitems te bepaal en jy kan daar en dan jou besluit maak om die produk te koop of nie. GreenTest is lig en kompak so jy kan hom sommer gemaklik in jou handsak ronddra.

Die toestel sal jou R999 kos en jy kan dit bestel op alvarita.co.za.

 

Geskryf deur: Suret Alive
Foto’s: Verskaf

Back To Top
%d bloggers like this: