skip to Main Content
Pil Of Placebo?

Forest Gump het een van die bekendste vergelykings oor die lewe geuiter met sy beroemde woorde “Life is like a box of chocolates…”

Hier is nog ’n lewensvergelyking wat jy nog nie gehoor het nie. Die lewe is soos ’n botteltjie vol pille. Daardie ronde, deursigtige botteltjies wat tot heel bo met pilletjies gevul is. Jou lewe is die pillehouertjie en jy kies wat daarin gaan.

Ons kan onsself so besig en vol hou maar die vraag is, vul jy jou houertjie met die dinge wat vir jou voordelig is – of met placebo’s? #LiefsteBELLA gaan kyk na jou lewe en die mense in en om jou. Noem dit wysheid of ouer word, maar ek moes tot die besef kom dat helfte van die dinge en mense met wie ek my lewenshouertjie vul is placebo’s.

Hulle lyk soos die ander pille, hul tree soms op soos die ander pille maar op die einde van die dag is hulle maar leë suikerpilletjies wat niks vir jou beswil bevat nie. Neem ’n stappie terug en vra jouself ’n paar vrae. Weeg elke persoon in jou lewe op. In ’n pillehouertjie is daar net genoeg spasie vir ’n handjievol. As jou botteltjie vol is, is daar geen plek oor nie. Weeg elke persoon in jou lewe aan wie jy jou tyd en energie bestee. Sal hulle die dinge wat jy doen sommer net terug doen?

Sit hulle soveel moeite in julle vriendskap in soos wat jy doen? Ongelukkig gaan jy die placebo’s uit jou boksie moet haal want, liefste BELLA, dit maak plek – gee jou ekstra tyd en energie om aan die regte mense te in jou lewe bestee. Niemand gaan na jou kyk soos jy nie.

Jy is dit werd om mense vol liefde, aanvaarding en vriendskap om jou te hê!

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs
Foto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: