skip to Main Content
Is Selluliet ’n Teerpuntjie?

Selluliet is die dimpels op jou bobene waarna jy amper daagliks in die spieël staan en staar.

Of dalk is dit die dimpels wat jou seuntjie gebruik as sandduine vir sy karretjies terwyl jy dink jy vat ’n middagslapie. Either way, nie een van die twee is baie voordelig vir jou selfbeeld op ’n slegte dag nie.

Wat is selluliet?

Selluliet vorm wanneer vetterige weefsel in die liggaam opstoot teen die bindweefsel. Dit veroorsaak die dimpel-effel waarvoor ons só bang is. Die mees algemeenste plek waar vroue sellutliet ontwikkel is op die bo-bene, omdat dié area van nature meer vetterige weefsel het. Maar jy kan ook op jou boude en maag selluliet sien.

Wie het selluliet?

85% van vroue ouer as 21 het selluliet. Dit is nie so algemeen by mans nie.

Wat maak selluliet erger?

  • Ouderdom
  • Estrogeen
  • Jou gene of familiegeskiedenis
  • Weefsel inflammasie
  • Gewigstoename
  • Afname in kollageen
  • Swak sirkulasie
  • Swak limfdreinering
  • Epidermis (die boonste laag van die vel) wat verdun

Wat kan jy doen?

  • Selluliet is frustrerend maar dit is normaal en nie noodwendig ’n teken van slegte gesondheid nie. Daar is verskeie wenke en home remedies om dit te verbeter, maar jy kan self evalueer of dit werklik die moeite werd is. Self aanvaarding is dalk bietjie minder moeite as al die behandelings.
  • Lymph draining masserings sal beslis die sigbaarheid van selluliet verbeter. Maar jy moet dit amper weekliks doen en dan ook volhou daarmee.
  • Moenie beloftes van roompies vertrou nie. Deur net ’n roompie aan te smeer gaan jou
    selluliet beslis nie laat verdwyn nie. Dit kan dalk net vir ’n dag of twee beter lyk.
  • Daar is studies gedoen wat bewys het dat vroue wat kollageen aanvulings gebruik afname in hulle selluliet ervaar het. Maar wees ook wakker vir die vals beloftes van die industrie en moet nie alle hoop daarop sit nie.
  • Self-tanning produkte kan die sigbare selluliet bietjie verbloem.
  • Drink genoeg water – dit sal die sikrulasie verbeter en ook jou limfdreinering aanhelp.
  • As jy gewig verloor kan dit moontlik ’n positiewe effek hê.
  • Oefeninge soos squats, squat-jumps, step-ups, donkey-kicks, side-lunges sal help.
  • Aktiwiteite soos fietsry, hardloop, swem, hike en dans is goed.
  • ‘n Overall leefstylverandering is jou beste opsie. Moet nie jou fokus op net een behandeling of produk plaas nie. Maak ’n totale leefstylverandering en leer ook om jouself en die veranderinge van jou liggaam te aanvaar.

 

Bron: healthline.com

Back To Top
%d bloggers like this: