skip to Main Content
Is Dit Okay Om Jou Lag Te Fake?

Om gelukkig te wees is amper soos ’n spier wat moet ontwikkel en gereeld moet oefening kry. Jy kan hierdie “spier” oefen deur gereeld te lag.

Net soos wat jy soms nie tussen die waarheid en die towerkuns kan onderskei in ’n sirkus nie, kan jou brein ook nie onderskei tussen ’n regte lag en ’n fake lagsessie nie. Het jy al gevoel hoe lekker en gelukkig voel jy na ’n goeie lag-aanval? Dit laat enige probleem minder intimiderend lyk, omdat jou gemoed sterker voel. So laat lag jou happy-gym wees.

Net soos met liggaamlike oefening verbeter jou immuunsisteem en algehele gemoedstoestand wanneer jy gereeld lag. Jy hoef nie te wag vir ’n grappie of iets snaaks om te gebeur voor jy lag nie. Neem die verantwoordelikheid op jouself en bring jou lag uit deur aan snaakse herinneringe te dink of begin sommer net lag vir geen rede nie. Wanneer jy dit probeer gaan dit so awkward voel dat jy nog harder gaan lag en kort voor lank lag jy dat die trane loop. Dit is nog meer fun om dit saam met jou partner of beste vriendin te doen. Julle kan begin deur die lag te fake en dit sal vinnig verander in ’n lawwe lagsessie vir mekaar, juis omdat julle vir geen rede lag nie.

Gee ook aandag aan jou gesigsuitdrukking. Ons weet nie hoe ons vir ander lyk nie en dit maak ook nie saak nie. Maar wanneer jy fokus om ’n goeie gesigsuitdrukking te hê sal jou denke outomaties positief verander. Ruil jou frons in vir ’n glimlag en kyk wat gebeur in jou denke. So ja, fake jou lag, want kort voor lank sal dit nie meer nodig wees om te fake nie. Jou gemoedstoestand sal sonder twyfel verbeter.

 

Geskryf deur: Suret Alive
Foto’s: Shutterstock
Bron: Shareen from laughter coaching.

Back To Top
%d bloggers like this: