skip to Main Content
Gebruik Só Minder Suiker – Sonder Om Jou Lewe Te Haat

Die goeie nuus is dat jy nie noodwendig die all or nothing approach hoef aan te neem nie.

Nie alle suiker is so sleg dat jy dit ten alle koste moet vermy nie Maar vir ’n gesonde, gebalanseerde gewig en leefstyl is dit belangrik om jou suikerinname wel dop te hou.

Tekens dat jy te veel suiker gebruik:
  • Jy kry gereeld ’n energie high gevolg deur skielike moegheid
  • Hiperaktiwiteit
  • Angstigheid
  • Swak spysvertering
  • Mood swings
  • Sukkel om diep- of deur te slaap
  • Jy voel baie skielik baie honger en jou bloedsuiker daal skielik
  • Gewigstoename
  • Swak mondhigiëne
  • Velprobleme op jou liggaam (nie net jou gesig nie, maar jou rug en arms kan ookdeurloop)
  • Aknee

Foto: Shutterstock

Slim maniere om jou suikerverbruik te verminder:

1. Moenie jou suiker drink nie. Meeste ready-to-drink koeldrank groottes is 330ml teenoor die 125ml wat aanbeveel word. Dan is daar selfs koeldranke wat in 500ml botteltjies kom. Mens is geneig om die hele botteltjie leeg te drink wat dan jou bloedsuiker laat spike, gevolg deur ’n energy slump.

2. Eet liewer jou vrugte as wat jy vooraf verpakte vrugtesap drink. Wanneer jy die vrug eet neem jy die vesels in wat jou voller laat voel en wat jou spysverteringstelsel gesond hou. Verpakte vrugtesappe het dikwels ekstra suiker en preserveermiddels wat bygevoeg is.

3. Daag jouself uit om al hoe minder en minder suiker in jou koffie en tee te gebruik. Om skielik net swart koffie en tee te drink as jy gewoond is aan suiker daarmee saam, kan nogal moeilik wees. Maar jy kan wel stelselmatig al hoe minder gebruik, totdat jy die guts het om heeltemal sonder suiker jou warm drankies te geniet.

4. Vermy suiker tydens ontbyt. Jy kan begin deur nie meer cereals te eet vir ontbyt nie. Dit is leë kalorieë en sal jou bloedsuikervlakke heeltemal deurmekaar gooi. As jy

reeds hawermout of ander pap eet, moenie suiker bygooi nie. ’n Goeie alternatief is om ontbyt te maak wat ryk is aan proteïene, dit sal jou langer laat vol voel en jy sal nie so lus wees vir suiker nie.

5. Beperk jou inname van kos in pakkies, soos souse, health bars en vooraf verpakte soppe. Daar is altyd klomp verskuilde suikers in hierdie produkte vir smaak, selfs al sê dit dat die produk suikervry is.

 

Bron: Clicks Clubcard Magazine – Issue 1/2019 – Bl. 54, 55, 56.

Back To Top
%d bloggers like this: