skip to Main Content
Drie Olies Wat Jou Winter Wonderlik Sal Maak

SOiL Organic Essential Oil gaan die gevolge van hierdie koue winter maklik hanteerbaar maak vir jou.

Voorkom – Tea Tree olie is antibakteries, wat maak dat dit ’n wonderlike vegter teen kieme is. En, het jy geweet dat dit ook ’n natuurlike ontsmettingsmiddel is? Jy kan dus hierdie olie gebruik om oppervlaktes en hande mee te ontsmet.

Asem in – Eucalyptus olie werk soos ’n bom vir verskeie respiratoriese probleme en is bekend vir sy anti-inflammatoriese en antibakteriese eienskappe vir die liggaam. As jou bors bietjie toegetrek voel of jou neus is, uhm…verstop, dan kan jy eucalyptus inasem.

Boost – Suurlemoen olie het net soveel soortgelyke eienskappe, maar die olie se heel beste eienskap is sy vermoë om jou gemoed op te kikker en om jou energievlakke ’n hupstoot te gee. Dit is veral nodig aan die begin van ’n koue dag wanneer dit voel of jou lyf net nie aan die gang wil kom nie.

Jy kan vyf druppels van elk van hierdie drie olies in jou bad, of in die stort, drup. As jou verkoue jou platslaan kan jy dit selfs in ’n bak kookwater gooi en die stoom inasem. Maak dit sommer ’n standaard produk in jou badkamerkassie.

 

Geskryf deur: Suret Alive
Produk foto’s: Verskaf, Hooffoto: Shutterstock
Bronne: SOiL Press release

Back To Top
%d bloggers like this: