skip to Main Content
Dieet Tips Wat Bog Is
  1. Vermy vet teen alle koste – Nie alle vette is dieselfde nie. Ja, die vet in take-aways en koekies kan lei tot cholesterol en ander siektes, maar daar is soveel belangrike en gesonde vette in neute, avokadopere en vis wat eintlik jou hart en gesondheid ondersteun en jou help om jou gewig te reguleer.
  1. Sny peuselhappies uit – Eintlik is dit baie goed om tussen maaltye te eet, die gee jou metabloisme ’n hupstoot en help jou liggaam kalorieë verbrand terwyl jy rus. Dit help ook om jou eetlus te beheer wat jou help om nie te ooreet tydens jou maaltye nie.
  1. Tel jou kalorieë – Kalorieë verskil van een happie tot die volgende. 50 Kaloriee in ’n appel is nie die selfde as 50 kaloriee in ’n stuk koek nie. Kalorieë in gesonde kos verskaf jou liggaam met die nodige energie, waar koek slegs leë kalorieë bied.
  1. Sny stysel uit – Ja, dis waar dat daar baie stysel in wit brood is. Wit rys en pastas kan lei na gewigstoename, maar daar is geen studies wat toon dat gesonde stysels (wat in volgraankosse, vrugte en groente gevind word) sleg is vir jou nie.
  1. Eet gluten-vry om gewig te verloor – Daar is geen navorsing wat kan bewys dat gluten tot gewigstoename lei nie. Die regte probleem is dat ons teveel verfynde kosse, wat wit meel bevat, inneem.
  1. Oefen op ’n leë maag – Vals! Om nie te eet voor oefening nie kan eintlik veroorsaak dat jy spiermassa verloor. Jou liggaam benodig energie om gedurende jou oefensessie te verbrand. Die gesondste energie kan kom van ’n ligte, gesonde peusel happie.
  1. Jy mag nie kroek op jou dieet nie – Jy hoef nie te dink dis alles of niks om resultate te sien nie. Baie van ons dink as ons op ’n dieet gaan mag ons nooit weer pizza of burgers eet nie, maar met goeie beplanning kan jy die kosse matig geniet. Navorsing toon dat wanneer jy dié kosse in moderasie eet dit kan help om kosdrange te verhoed.
  1. Vetvry en suikervry beteken gesond – Toe nou nie. Daar is baie kosse wat laag is in vet, maar hoog in suiker, sodium en kalorieë. Op die selfde noot is suikervrye produkte vol kunsmatige versoeters wat na gewigstoename kan lei.
  1. Moenie die eier geel eet nie – Die mite is al jare in sirkulasie, maar navorsing toon dat eiergeel jou HDL-vlakke (goeie cholesterol) verhoog. Eiergeel bevat ook 100% van die essentiele vetsure en vitamienes waar eierwit slegs die proteïene bevat.

 

Geskryf deur: Alexandra Stevens

Back To Top
%d bloggers like this: