skip to Main Content
Die ABC’s Van Boob Jobs | Deel 1

Borsvergrotings is nie meer so ongewoon soos tien jaar gelede nie. Dit is al amper ’n sekerheid dat jy of een van jou vriendinne hierdie prosedure ondergaan het. Dit is wel ’n
besluit wat nie ligtelik geneem moet word nie, al is dit so algemeen.

Stap 1: Find your “why”

Jy moet baie mooi dink presies wat jou behoefte is en hoekom jy jou borste wil vergroot. As die voorkoms van jou (alreeds pragtige) borste die grootste en enigste rede is, moet jy dalk bietjie dieper delf. Dit is ’n baie groot operasie en gaan ’n groot verandering in jou lewe meebring. Daar is ook moontlike komplikasies, veral ver in die toekoms.

Dink mooi as:

  • jy beplan om weer swanger te raak en te borsvoed.
  • jy nog nie kinders het nie.
  • jou partner dink jou borste is alreeds mooi, maar jy is nie tevrede met sy opinie nie.
  •  jy ’n health en nature freak is en slegs natuurlike produkte gebruik.
  • jy hoë impak sportsoorte beoefen.

Lees: Gee jouself ’n natuurlike boob job

Stap 2: Find your who

Maak tyd om baie navorsing te doen. As jy dink jy het nou beslis jou mind opgemaak, kan jy gerus maar nóg ’n maand of twee vat om mooi daaroor te dink.

  • Heel eerste op jou lysie moet wees om ’n goeie dokter te kies. Dit is iemand wat werklik omgee oor jou gesondheid en genoeg integriteit het om goeie raad te gee oor die beste approach vir jou liggaam.
  • Kies ’n dokter wat aanbeveel is deur iemand wat jy vertrou.
  • Kies ’n dokter met wie jy baie gemaklik oor die weg kom.
  • Jou dokter moet genoeg tyd spandeer om vir jou te verduidelik hoe die prosedure werk en wat dit alles behels.

Lees ons volgende artikel waar ons die hoe en wat van boob jobs bespreek.

 

Bron: January – February 2019 Fitness Magazine

Back To Top
%d bloggers like this: