skip to Main Content
Die ABC’s Van Boob Jobs | Deel 2

In ons vorige artikel oor borsvergrotings het ons gekyk na jou “why” en “who”. Nou kyk ons na die hoe, wat en die herstelproses van dié operasie.

Volgens die Kaapse plastiese-en rekonstruksie chirurg, Dr. Willem Erasmus, is die grootte van jou nuwe borste ’n baie persoonlike keuse. Geen twee vroue voel dieselfde daaroor nie. Dr. Willem maak altyd die voorstel aan konserwatiewer vroue om een grootte groter te kies as wat hulle aanvanklik ingedagte het. Vir meer onkonvensionele vroue is hy baie duidelik oor die nadele van ’n moontlike té groot sprong in grootte. Dr. Willem sê vroue met smal heupe is geneig om te vierkantig en blokkig te lyk wanneer hulle te groot gaan terwyl vroue met kurwes maklik ’n groter borsmaat kan kies.

Dinge om te weet:

  • Die twee gewildste implant opsies is ’n saline solution of silicone gel.
  • Die vorm kan wissel tussen rond- of teardrop.
  • Die teardrop is vir jou as jy ’n meer natuurlike look verkies en almal sal dit nie noodwendig agterkom nie. Nie alle dokters is baie positief oor die teardrop nie, omdat daar ’n paar nagevolge kan wees.
  • Die ronde shape is meer perky en gee ’n voller voorkoms.
  • Jy sal ook met jou dokter moet gesels oor die posisie van die implants – wil jy dit onder of bo die spier hê? En wat stel jou dokter voor?
  • Wanneer dit onder die spier is, het jy ’n meer natuurlike voorkoms. Tydens hierdie gesprek moet jy ook jou behoefte om nog in die toekoms te borsvoed ingedagte hou.

Die herstelproses.

Dit is baie belangrik om die reëls vir jou hersteltydperk baie noukeurig te volg. Hierdie kan die maak of breek wees tussen ’n suksesvolle of onsuksesvolle borsvergroting.

Foto: Shutterstock

Hou ingedagte:

  • Die eerste drie dae het die meeste swelling.
  • Jy kan eers na 4 weke met baie ligte oefening begin.
  • 6 weke na die operasie kan jy oorweeg om weer terug te keer na jou strawwe oefenprogram.
  • Jou ondersteuningsnetwerk is baie belangrik, veral tydens die eerste week na jou prosedure. Dit is wanneer jy die meeste pyn het. As jou partner en gesin nie jou keuse ondersteun nie kan hierdie ’n baie emosionele tyd wees.
  • Om rond te beweeg en op jou sy te draai deur die nag is seer en ongemaklik.
  • Dokters beveel aan dat jy met ’n supporting bra slaap vir drie maande na die operasie. Dit is ’n bra wat spesifiek vir die doel gemaak is.

Lees: Gee jouself ’n natuurlike boob job

Iets om te onthou:

As jy nog baie kilogramme wil afskud, is dit wys om dit agter die rug te kry voor jou operasie. Dit kan ’n groot invloed hê op die voorkoms van jou borste wanneer jy eers ná jou operasie baie gewig verloor. Maak seker jy is fiks en gesond voordat jy die proses aanpak.

 

Bron: January – February 2019 Fitness Magazine bladsy 70.

Back To Top
%d bloggers like this: