skip to Main Content
Berei Só Voor Vir Jou Maraton Op The Great Wall.

Jy kan 5,164 trappies in die geskiedenis inhardloop. Die maraton sal een van die meer uitdagende draffies wees wat jy in jou leeftyd aanpak.

Wie gee nou om vir ’n paar sweetdruppels en lam bene terwyl jy jou kan vergaap aan een van China se mensgemaakte wonderwerke.

Wanneer en waar?

Die maraton vind jaarliks plaas in Meimaand. Jy kan in China, Beijing bly en van daar af na The Great Wall vervoer word op die dag van die wedloop.

Hoe ver?

Daar is drie verskillende afstande beskikbaar – full marathon, half marathon, en dan ook ’n fun run van 8.5 kilometer. Ongeag van die afstand wat jy kies, sal jy steeds groot dele op die muur hardloop en kleiner dele deur die villages rondom The Great Wall of China.

Hoeveel kos dit?

Jou inskrywingsfooi is deel van die 6-dag pakket wat verblyf en etes insluit. Dit sal jou tussen R22,000 en R 30,000 kos. Dan moet jy ook budget vir vliegkaartjies, hardloop gear, snacks, en sakgeld vir jou trippie. Die goeie nuus is dat net die pakket in Dollars betaal word, jou spending money vir China is darem in Ren (Yuan Renminbi)

Kan ek dit doen en hoe moet ek voorberei?

As jy 10km gemaklik kan hardloop sal jy beslis die 8.5km fun run kan aandurf. Jy moet wel sekermaak jy is fiks genoeg voordat jy besluit om die maraton te hardloop. Werk baie bulte, trappe, en opdraandes in jou oefenprogram in. Jou bene moet sterk genoeg wees. O,ja – moet beslis nie vergeet nie: vir elke op is daar ’n af. Jou bobene moet ook sterk genoeg wees vir die afdraandes, sodat jou knieë nie te veel punch vat nie.

Gaan ek weird kossoorte moet eet?

Omdat hotelverblyf deel is van jou Maraton-pakket sal jy meeste van die tyd etes in die hotel kry. Hou daarby en probeer so min as moontlik vreemde kosse eet voor die dag van jou wedloop. As die wedloop verby is kan jy die stad invaar en alles eet wat voorkom! (Wees wel versigtig vir al die straatkos wat beskikbaar is.)

Watter taal moet ek praat?

Vir gesprekke gaan jy beslis jou geduld moet inpak. Die mense praat baie gebroke Engels alhoewel almal baie vriendelik is en jou graag wil help.

Onthou:

Google, Facebook, Instagram, Gmail en meeste social media platorms is nie beskibaar in China nie. En ja, ook nie Google Maps en Google Translate nie. Jy sal maar op ’n social media break moet gaan en ’n pull-out map van Lonely Planet moet koop.

 

Back To Top
%d bloggers like this: