skip to Main Content
11 Maniere Om Met Jou Angs Te Cope

Sekere situasies kan jou angstig maak en dit kan tydelik van aard wees en sommer vinnig oorwaai, of die rede kan dalk bietje dieper gewortel wees.

Dit maak nie saak watter faktore angs by jou trigger nie, hier is vir jou 11 maniere om jou te help cope.

Vyf maniere om vinnig en maklik jou angs onder beheer te kry:

1). Deur watter lens kyk jy? Vra jouself of jou gedagtes negatief, irrasioneel, onredelik, ongegrond, of vanuit onsekerheid kom.

2). Haal asem: 4 diep asems in en 4 lekker stadige asems uit.

3). Gebruik aromatiese reukolies soos lavender, chamomile, en sandalwood.

4). Gaan stap ’n stadige, kort entjie, en orden jou gedagtes.

5). Skryf jou gedagtes neer. Dit verhoed jou om heeltyd dieselfde angstige gedagtes in jou kop te maal sonder om rustigheid daaroor te kry.

Ses langtermyn strategieë om jou angs te hanteer:

1). Identifiseer en bestuur jou triggers.

Triggers kan voor die hand liggend wees soos kafeïene, alkohol, en verkeer. Soms vat dit langer om te bepaal as dit iets is soos werkspanning, finansiële druk, sekere vriendskappe, of spesifieke verhoudings met mense in jou binnekring is. Wanneer jy die trigger identifiseer kan jy jou blootstelling daaraan liewer beperk.

2). Maak ’n afspraak by ’n dokter, berader, of sielkundige.

3). Kies ’n daaglikse vorm van meditasie wat vir jou werk.

4). Kry aanvullings of verander jou dieet. Oorweeg die volgende opsies:

  • Lemon-balm
  • Omega 3
  • Ashwagandha
  • Groentee
  • Donker sjokolade (met matigheid)

Hou ingedagte dat dit tot en met drie maande kan vat vir jou liggaam om te reageer op natuurlike veranderinge.

5). Versorg jou liggaam met oefening.

6). Bespreek die verskillende opsies van kroniese medikasie met jou dokter.

Back To Top
%d bloggers like this: