skip to Main Content
Alles Oor IBS

IBS (Irritable Bowel Syndrome) staan ook bekend as spastiese kolon, geïrriteerde kolon, mucous colitis, en spastic colitis. BELLA het gaan kyk wat presies dit is en watter home remedies beskikbaar is. 

Die vlak van ongemak en pyn met IBS wissel van persoon tot persoon en dit het ’n baie groot effek op jou daaglikse funksionering. ’n Goeie maatstaf om te bepaal of jy wel ’n probleem daarmee het, is as dit al vir langer as drie maande iets is waarmee jy sukkel en ook meer as drie dae per maand.

Wat is die tipiese simptome van IBS?

  • Krampe
  • Maagpyn
  • Opgeblaasde gevoel
  • Winderigheid
  • Hardlywigheid
  • Diarree, en
  • Vir vrouens is dit veral erger rondom tye wanneer hulle menstrueer.

Wat is die stappe om gediagnoseer te word?

  • Jou dokter sal jou simptome ondersoek.
  • ’n Stoelgang sample sal dan geneem word om te kyk vir infeksies.
  • Bloedtoetse kan moontlik geneem word om te kyk vir bloedarmoede en celiac disease.
  • ’n Kolonoskopie kan ook gedoen word.

Jou dokter kan moontlik die volgende home remedies voorstel voordat medikasie voorgeskryf word:

  • Oefen gereeld
  • Gebruik minder kafeïene
  • Eet kleiner maaltye
  • Verminder of beperk stres
  • Gebruik probiotika.
  • Vermy deep fried en geregte met baie speserye.
  • Beperk suiwel, suikers, en boontjies.
  • Gebruik gemmer, mint, en chamomile.

Maak seker jy besoek nie nét vir Dr. Google nie. As dit werklik iets is waarmee jy sukkel moet jy so gou as moontlik met ’n dokter ’n afspraak maak.

Back To Top
%d bloggers like this: