skip to Main Content
WEN ‘n Koffie Kersfees Met Philips

Die Kersseisoen is hier en so ook die hoofpyn van wat om vir daardie spesiale iemand in jou lewe te gee. Dis natuurlik die gedagte wat tel, maar die perfekte geskenk kan vir jou ook ekstra “brownie points” wen.

Enige koffie liefhebber sal weet dat kwaliteit koffie deesdae so skaars soos hoender tande is. Daarom is die geskenk van ‘n goeie gehalte koppie koffie ideaal vir enige kaffiën verslaafde.

Gee die geskenk van opsies die Kersseisoen en bederf jou gesin en gaste met die Philips 3100 series super-automatic espresso machine. Die masjien bied ʼn verskeidenheid van opsies van sterk espresso tot ʼn heerlike koffie en melk resep, alles binne die knip van ʼn oog en sonder enige moeite.

Die geheim lê in die 100% keramiek maler met verstelbare sterkte en temperatuur wat die bone tot perfeksie maal.

Verken, eksperimenteer en droom van enige drankie! Of jy nou lus is vir ʼn cappuccino of smaaklike latte, enige iets is moontlik dié feesseisoen.

Die Philips 3100 series super-automatic espresso machine is beskikbaar by Yuppiechef, Hirsch’s, Makro, Takealot en ander onafhanklike handellaars teen R8,999.

BELLAS, staan ʼn kans om die Philips 3100 series super-automatic espresso machine te wen deur die vorm hieronder in te vul en die maklike vraag te beantwoord.

Saeco, is ‘n Philips handelsmerk.

Baie geluk en geseënde Kersfees aan ons wenner, Tineil Hurter van Monumentpark!

Back To Top
%d bloggers like this: