skip to Main Content
WEN Met TA-DA!

Het jy Hollywood-drome? Of sien jy jouself as die hoofrol in die volgende Afrikaanse fliek? Dan moet jy inskryf vir Liefste BELLA en TA-DA! se kompetisie.

TA-DA! fokus op toneelspel vir kamera en teater, radiowerk, stemontwikkeling, aanbiedingstegnieke, mimiek, self-vertroue en om jou talent tot die beste van jou vermoë te ontwikkel. TA-DA! is geleë in Krugersdorp en klastye word bepaal deur die student se ouderdom. Klasse bestaan uit tien studente per klas wat verseker dat hulle individuele aandag aan elke student kan skenk.

TA-DA! Het twee Hollywood-ready pryse om weg te gee:
  • 1 Jaar toneelspel-opleiding (Acting Training). Een klas per week ter waarde van R15 800.
  • 6 Maande toneelspel-opleiding (Acting training). Een klas per week te waarde van R7 000.

Enige iemand ouer as vier jaar kan inskryf. Die prys mag geskenk word aan ’n vriend of familielid. Daar is geen klas gedurende skoolvakansies nie, maar wel werkswinkels om daardie klasse in te haal.

Vir meer inligting besoek hul webtuiste: tadatraining.co.za en volg hulle op Facebook.

Om in te skryf vul die vorm hieronder in en share die kompetisie op Facebook. Terme en voorwaardes geld. Hierdie kompetisie is gesluit.  

Back To Top
%d bloggers like this: