skip to Main Content
Die Rede Vir Die Boom In Die Sitkamer!

Die Kersboom is dié mees bekendste Kersfees versiering, maar waar kom dit vandaan en hoe het dit ʼn internasionale simbool geword?

 

Die oorsprong strek so ver as tot voor Kersfees, waar mense hulle huise versier het tydens die winter sonstilstand. Immergroen plante het die hoop verteenwoordig dat somer sal kom en die plante weereens sal groei.

Foto: history.com

Soos Christenskap deur Europa versprei het, het die immergroen versierings deel van die geloof geword en Middeleeuse Duitsers het selfs appels gebruik wat die tuin van Eden verteenwoordig het. Dit het in Duitsland bekend gestaan as Paradys bome wat tydens die feesseisoen uitgestal word en ander eetbare versierings soos neute het later bygekom. Die Duitsers het begin reis na ander lande en hul Kersfees tradisie is as vreemd beskou.

Foto: history.com

In 1848 het die Engelse Koningin Victoria, haar Duitse man, Prins Albert oorreed om ʼn boom te versier soortgelyk aan dié  wat hy gehad het as kind. Die boom was saam met die koninklikes geïllustreer in die Londen nuusblad en sommer gou het dit deel geword van eerste klas huise. Duitse kunstenaars het teen 1870 spesiale glas ornamente uitgevoer en sowat 2 jaar later het Edward Johnson die eerste stel kersliggies ontwerp wat ʼn veiliger alternatief was vir kerse op die boom. Teen die 1900’s het 1 uit elke 5 Amerikaanse gesinne ʼn Kersboom versier tydens Kersfees en vandag word om en by 100 miljoen reg oor die wêreld versier.

Foto: history.com

In Amerika het die president se vrou die eer om die Withuis en die Kersboom te versier, ʼn tradisie wat in 1889 begin het.

View this post on Instagram

This week in photos.

A post shared by The White House (@whitehouse) on

Die Rockefeller Center Kersboom in New York, wat jaarliks versier word met oor die 25 000 kersliggies, is natuurlik ʼn groot toeriste aantrekking en tradisie van meer as 80 jaar.

In Suid-Afrika versier ons ook Kersfeesbome, die winkels word versier en kleiner dorpies hang nog Kersliggies in die strate.

BELLAS, ons wil jóú Kersboom sien! Post vir ons ʼn foto op Facebook of Instagram, tag ons en #BELLAKersboom en jy kan ʼn lekker beauty hamper wen.

 

Geskryf deur: Bianca Raath

Foto’s: Unsplash

Bron: history.com

Back To Top
%d bloggers like this: