skip to Main Content
WEN Met Vuil Wasgoed

Ons ouers het ons al telkemale gewaarsku om nie ons vuil wasgoed in die openbaar te was nie. Dis nou voor die aksiekomedie Vuil Wasgoed dié sêding kom koel maak het, natuurlik.

Wie sal nou Wim (Bouwer Bosch) en Kevin (Bennie Fourie), se wassery-kaskenades vergeet? Of die kenmerkende #DankieDatJyHierWas-hutsteken wat op sosiale media die rondte gedoen het?

Vir die van julle wat nie weet nie – Wim en Kevin partytjie snags in hul kliënte se klere as teenvoeter vir hul vervelige day job. Hul pret word kortgeknip wanneer Kevin ’n afgekapte vinger in hul kliënt se baadjie ontdek. Wat volg is lekker gatskop in Afrikaans!

Ook in die film te sien is Tim Theron, Simoné Nortmann en Leandie du Randt Bosch.

Nou kan jy met ’n DVD of T-hemp van dié film spog. Beantwoord net dié eenvoudige vraag en onthou – jy hoef nie doekies om te draai nie! “Wat sal jy nooit in die openbaar doen nie?”

Hierdie kompetisie is nou gesluit.

Back To Top
%d bloggers like this: