skip to Main Content
Vuil Wasgoed Se Lusmaker-lokprent Is Hier

Die kortfliek, Vuil Wasgoed, wat in 2014 as die wenprent by kykNET se Silwerskermfees aangewys is, is in ’n vollengtefliek omskep.

Die aksie-komedie gaan oor Wim (Bouwer Bosch) en Kevin (Bennie Fourie) wat by ’n klerewassery werk totdat hulle drome eendag realiseer. Hulle waag egter kanse en hou partytjie in hul kliënte se klere. Dan kom hulle op ’n afgekapte vinger af en ewe skielik is ’n klomp gevaarlike mense op hulle spoor.

Fliekgangers kan ook uitsien na Simoné Nortmann, Leandie du Randt Bosch, Tim Theron, Stiaan Smith en Nico Panagio in die rolverdeling.

Klik hier om die lokprent te kyk: https://youtu.be/6e1y2sTPOSg

Vuil Wasgoed word deur The Film Factory, Bouwer Bosch Films en Bennie Boek Films vervaardig en sal landswyd vrygestel word op 8 Desember 2017.

#VuilWasgoed #DankieDatJyHierWas #8Des2017

Geskryf deur: Heloïse van Huyssteen

Back To Top
%d bloggers like this: