skip to Main Content
Modder + Musiek + Magic = Mieliepop’18

Die Mieliepop plaas, Tolderia in Lothair, was ’n skouspelagtige agtergrond vir die talent, die melkweg, die glimlagte en geluide.

Geen reën kry regte rockers onder nie en al moes sommige music lovers letterlik kar en al ingesleep word en ander die pad te voet aanpak het ons dit gemaak!

Gumboots en veel kleurige reënjasse het seker gemaak dat daar interessante mode en modder kombinasies gebeur en vuil was ’n fashion statement. Die musiek was natuurlik ’n perfekte kombinasie soos ’n kookpot van kuns en klank.

Die talent van ons SA musikante is ongelooflik en hul toewyding tot die bedryf is bewonderenswaardig. BELLA was so beïndruk met baie van die bands en veral bly om weer te kon saam sing en dans op ’n ou bekende soos Klopjag!

BELLA was ook lucky genoeg om ’n baie special pre-screening van die Wonderlus film te kon bywoon in die RaveCave – en ons moet BIEG…ons is verlief – What a wedding!!

Mieliepop en musiek liefhebbers het saam diep spore getrap!

 

Geskryf deur: Johanica Havenga

Hooffoto deur: Riané Havenga

Back To Top
%d bloggers like this: