skip to Main Content
Marvel Gee Avengers Die Perfekte Einde!

Dis meer as 10 jaar na die eerste film vrygestel is en almal wag in afwagting om te sien hoe alles tot ’n einde gaan kom.

In 2008 het Marvel Studios, Iron Man aan die wêreld bekendgestel. ’n Skatryk biljoenêr, Tony Stark, wat die Iron Man pak maak om uit ’n lewe en dood situasie te ontsnap.

Kort daarna is The Incredible Hulk en Iron Man 2 vrygestel. In 2011 is Thor en Captain America vrygestel, as aanloop tot die eerste Avengers film in 2012. Almal was verslaaf en die wêreld wou meer hê.

Spiderman, Dr. Strange, Antman, Guardians of the Galaxy, Black Panther en natuurlik Captain Marvel. Een-en-twintig films later en dis tyd om te groet. Hoe dan anders as met ’n multi-universe geveg tussen goed en sleg.

Marvel Studios’ AVENGERS: ENDGAME. Photo: Film Frame..©Marvel Studios 2019

The Endgame. Die finale hoofstuk. Ons het die vorige film afgesluit waar Thanos sy vinger gekliek het en die helfte van die heelal verdwyn het. Wat nou? Met so groot projek wat tot ’n einde kom is daar baie verwagting van net een fliek. Dit moet generasies van aanhangers tevrede stel. Jonk en oud, party wat al kom van comic boek dae en ander wat ’n liefde vir die flieks gevind het. Geen wonder hy is 3 ure lank nie.

Marvel het ons beslis tot in oorvloed tevrede gestel. Hulle het die balans tussen realiteit en fantasie op die kop geslaan. Jy sit op die voorpunt van jou sitplek en wil amper in die film in klim en deel word. Elke oomblik sit jy in afwagting vir wat volgende gaan gebeur. Dit eindig met wie dit begin het, maar voor ons té veel sê…

Marvel Studios’ AVENGERS: ENDGAME. Photo: Film Frame..©Marvel Studios 2019

Met duisende teoriëe wat die rondtes doen is dit moeilik om te besluit wat jy van die film wil hê. Die wese van die film lê in die onverwagte. So ons advies is om nie te veel te verwag nie, moenie jou blindstaar in hoe dit móét wees nie. Gaan kyk dit met ’n liefde vir die film-reeks en die karakters en wees gereed om ’n traan of twee te pik.

As jy nog nie enige van die vorige Marvel films gesien het nie, sou ons aanraai jy kry baie popcorn, maak jouself gemaklik en kyk dit eers. Jy sal steeds die film geniet indien jy nie het nie. Die ervaring is wel onbeskryflik as jy saam met die karakters reis en hul storie en agtergrond verstaan.

Hierdie is beslis een vir die boeke. Gaan kyk dit in die teater en gee dit jou volle aandag. Ons belowe jy sal nie spyt wees nie…

Back To Top
%d bloggers like this: