skip to Main Content
5 Moet Sien Netflix En Chill

Die maand van liefde is verby, maar dit beteken nie jy kan nie jouself bederf nie #selflove. 

Maart voel altyd vir my soos ’n Blou Maandag na die maand van liefde, want die hype is verby en dinge is weer normaal, maar dis waar #LiefsteBELLA inkom. Ons gaan jou help om jouself te bederf deur ietsies by die huis aan te sit en in die gemak van jou eie huis met pajamas en popcorn in die bed te fliek.

Schitts Creek

Schitts Creek is ’n komedie wat nou al op by die 5de seisoen trek, so as jy ietsie wil binge is die reeks die een. Dis baie snaaks en crazy dat jy amper weer voel jou familie is normaal.

Sex Education

Sex education is ’n Britse comedy drama wat handel oor tieners en seks. Ek voel hierdie ene is vir almal want ons almal het daardeur gegaan puberty… Sex Education is nuut en is ook eers hierdie jaar op Netflix release. So as jy saam met almal wil klets oor dié gewilde show, en weer soos ’n jong tiener wil voel wat in jou ouers se huis woon – kyk hom! #nostalgia

Roma

Hierdie film het met ’n Golden Globe weggestap as “Best Foreign Language film”. Roma is ’n ongelooflike film! As jy die film by die huis gaan kyk, maak seker jy het al jou snacks reg en dat jy gaan rustig wees, dis in ’n ander taal so jy gaan bietjie moet lees. Die lees pla nie, want die film trek jou in met die spel en die kamera maak jou deel van daai wêreld.

Isn’t it Romantic

As Februarie nie lank genoeg was vir jou nie, is hierdie fliek vir jou. Die film gaan oor Natalie wat wakker word as die hoofrol in haar eie egte romantic comedy en waste meisie sal dit nie wil hê nie? Dis ’n feel good film en net ietsie om jou weer op te kikker as jy bietjie af voel.

American MEME

Dis ’n MOET sien!! ’n Dokumentêr oor social media en hoe ‘influencers’ bestaan het.

Back To Top
%d bloggers like this: