skip to Main Content
Zak En Pak By Thys & Trix Ster!

Liefste BELLA was by die premiere van die skaterlag, aksiebelaaide komedie Thys & Trix. Kom gesels saam met die sjarmante Zak Hendrikz oor sy rol in die film.

1. André en Chandré word beskryf as die Brangelina van die dorp – hoe het dit gevoel om so ’n karakter te vertolk?

André en Chandré is ’n arrogante, ryk, snobistiese egpaar wat nie net dink hulle is beter as die res van die dorp nie, maar hulle dink ook hulle besit die res van die dorp.

Wanneer jy as akteur ’n rol soos die vertolk wat so buite jou eie persoonlikheid is, is dit altyd ’n uitdaging maar ook baie pret!

2. Wat dink jy is André se dryfkrag in die lewe?

Ek dink hy is definitief ’n “mamma’s boy” en dus het hy ook as gevolg van sy “mommy issues” ’n ouer vrou getrou. Sy lewe word gedryf deur om ander af te kraak en sleg te laat voel oor hulself, sodat hy beter kan lyk.

3.Wat gaan fliekgangers van André dink?

Hulle gaan hom love.  Alhoewel hy ’n arrogante idioot is, bring hy baie tot die dinamika en komedie van die film. Elke persoon het op een of ander stadium in hulle lewens ’n irriterende buurman gehad, André verteenwoordig daardie ou.

4. Hoe verskil dié rol van jou vorige rolle? 

Ek maak nogal naam vir myself as die “go to person” as jy ’n skurk in ’n film wil hê. Maar wat lekker was van André as skurk, was dat hy nie so ernstig was as van die vorige rolle wat ek al vertolk het nie. Dit was baie lekker om die negatiewe kwaliteite ligter te maak en dit op ’n komiese manier uit te beeld.

5. Beskryf die film Thys & Trixin 5 woorde.

Beste komedie van die jaar!

 

Geskryf deur: Melanie Jacobs

Foto’s: Brandon Croft

Back To Top
%d bloggers like this: