skip to Main Content
Liefste BELLA Tydskrif Nadia Herbst 7de Laan Aktrise Celebrity South African Tv Series_4
Liefste BELLA Tydskrif Nadia Herbst 7de Laan Aktrise Celebrity South African Tv Series_4
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Foto: Maleene Henrichsen
Liefste BELLA Tydskrif Nadia Herbst 7de Laan Aktrise Celebrity South African Tv Series_4

Om uniek te wees in ’n wêreld vol copy en paste voel amper soos ’n onmoontlike taak, en om eerlik te wees met jouself en oor jou emosies voel nog moeiliker.

Nadia Herbst is die 24-jarige aktrise wat die rol van Olivia in 7de Laan vertolk. Sy moes op ’n jong ouderdom leer wat belangrik is en hoe om vrede te maak met haar foute.

Nadia voel sy verskil van haar karakter, Olivia in die opsig dat sy eerlik is met haar emosies. “As ek voel ek voel bietjie jaloers dan erken ek dit. Ek erken my emosies en foute en werk daaraan. Ek embrace die flaws…”

Foto: Maleene Henrichsen

Ons lewe in ’n wêreld waar daar konstant vergelyk word en om jou ‘eie ek’ te behou, raak vaag. Nadia glo: “Om uniek te wees is om binne jouself te krap en jou bestaan te analiseer. Jy hoef nie saam met die “IT-crowd” uit te hang nie. Jy moet geluk vind in die dinge wat vir jou geluk bring. Wees eerlik oor hoe jy voel. Daar is dinge wat jou uniek maak – aanvaar dit en sê dis okay…”

Sy is baie hard op haarself en wil altyd seker maak sy is die beste weergawe van haarself. “Van kleins af is ek hard op myself. Ek is my eie grootste kritikus. My ma het nie interfere en my gedruk nie. Ek moes myself kry waar ek myself wou hê. Ek glo nie jy moet ooit stagneer nie. Daar is altyd iets waaraan jy kan werk of verbeter.”

Lees: Nadia Herbst – woeker met haar geleenthede

Sy oordink maklik iets so sy kies om in die nou te lewe. “Die Here moet jou lei…. Op skool het ek al hierdie goals gehad en toe sê die Here my tyd is nie jou tyd nie. Ek probeer om elke dag te groei en lief te hê soos ’n kind.”

Foto: Maleene Henrichsen

Sy sal graag nog in flieks wil speel en sy wil haar craft as aktrise verbeter. Sy sien haar lewe as ’n exciting journey en sy is mal oor wat sy nou doen. Sy wil nog graag eendag haar eie CD uitbring. Sy glo die geleentheid sal op die regte tyd kom…

’n Paar feite wat jy dalk nie van Nadia geweet het nie:
  1. Sy is ’n adrenalien junkie wat hou van dinge soos shark cage diving en om tyd in die buitelug te spandeer.
  2. Sy het grootgeword in die Paarl.
  3. Nommer 1 op haar bucket list is om Beverley Hills te verken.
  4.  Haar gunstelingherinnering as kind is hulle vakansies in Hartenbos.
  5. Sy hou van die mooi dinge van die lewe, maar sien haarself glad nie as ’n poppie nie.

 

Fotosessie deur BELLA Tydskrif.

Fotograaf: Maleene Henrichsen

Hare: Inge van Heerden van Inx Hair Design

Grimering: Jeandelene de Kock

Mode: Lorna Jane SA

Back To Top
%d bloggers like this: