skip to Main Content
Vadersdag In Bekendes Se Huise

Sommiges draf op Saterdae op die rugbyveld uit en ander vermaak op die kassie of as DJ, maar daar is een ding wat hierdie manne in gemeen het: hulle liefde vir hulle kinders.

Held. Beskermer. Rolmodel. Daar is so baie woorde waarmee jy ’n goeie pa kan beskryf.  ’n Pappa se rol in ’n kind se lewe is onvervangbaar.

BELLA het by ’n paar van Suid-Afrika se bekendes gaan inloer om uit te vind wat beteken dit vir hulle om ’n pa te wees en wat is hulle planne vir Vadersdag?

Laataande, vroeë oggende, huil, vuil doeke, min tyd vir jouself – wat maak dit alles die moeite werd om ’n Pappa te wees?

CHAD SAAIMAN, Sanger: Wat dit alles die moeite werd maak is die feit dat ek die voorreg het om ’n pragtige dogtertjie te kan grootmaak op wie ek baie trots is! Wat ’n blessing!

View this post on Instagram

Sunday Summer Club 🌊 #daughters #summer

A post shared by Chad Saaiman (@chadsaaiman) on

AKKER VAN DER MERWE, Professionele rugbyspeler: Ek kry altyd die 05:00 die oggend skof en dis wanneer hy sy eerste kossies moet kry en ook wanneer sy eerste doek vir die dag omgeruil moet word. Wat dit die beste maak is – hy is altyd so vriendelik in die oggend wanneer hy net wakker geword het en wil speel en daai glimlag en baba-geselsies maak dit die moeiete werd.

RUAN DREYER, Professionele rugbyspeler: Elke liewe dag is vir my spesiaal om hom the sien groei en the sien hoe hy sy eie persoonlikheid kry. Ek sien ook natuurlik uit vir sy eerste woord wat “Pappa” gaan wees.

THEODORE JANTJIES, Akteur: Dis ’n besondere eer en voorreg om die geleentheid te hê om ’n Pa te wees. Om my eie familie te kan hê. Dit verander heeltemal mens se uitkyk op die lewe en dinge wat vroeër belangrik was, is nou minder belangrik, want jou fokus is nou op die belangrikste prioriteit: JOU KIND.

DJ SOX, Professionele DJ: Dis baie moeilik om te verduidelik wat dit presies beteken om ’n pa te wees. Ek dink dis daai manier hoe jou seuntjie na jou kyk of vir jou glimlag, of jou net nodig het! Al was ek omring met my vriende se kinders, kon niks my voorberei op die gevoel van pa-wees nie. Daai gevoel maak alles die moeite werd.

ANDRIES FERREIRA, Professionele rugbyspeler: Die gevoel van as my dogtertjie my hand vat om saam met haar te stap, daardie trots wat jy het om te weet – dit is my kind. Die manier hoe my dogtertjies na my kyk en hoe hulle gesiggies ophelder as hulle my sien, dit is alles onbeskryflik.

Het jy en jou gesin enige tradisie wat julle volg tydens Vadersdag?

CHAD SAAIMAN: Ja, ons gaan gewoonlik op ’n pa-dogter date ;).

AKKER VAN DER MERWE: Ons Vadersdagtradisies is net om as ’n familie saam te wees en ons Pa te celebrate en wys hoe ons hom so waardeer deur alles wat hy vir ons doen.

RUAN DREYER: Ontbyt in die bed was altyd ’n tradisie in my familie, ons gesin sien wel uit om ons eie te begin (hopelik sluit dit ook ontbyt in die bed in) ;).

THEODORE JANTJIES: Nee, ons het nie enige tradisies nie, maar definitief in die kerk wees en dan ’n lekker lunch geniet, braai by die huis of by ’n lekker restaurant ’n kossie geniet.

View this post on Instagram

//..love you man

A post shared by TheodoreJantjies777 (@theodore_jantjies) on

DJ SOX: Ons het nie regtig enige tradisies vir Vadersdag nie, maar toe my pa nog gelewe het het ons altyd ’n gedeelte van die dag saam spandeer. Ek reken ons sal nou ons eie tradisies saam met ons seuntjie begin.

ANDRIES FERREIRA: Ons het geen tradisies nie, my vrou en kinders bederf my net met ’n spesiale geskenkie!

 

Geskryf deur: Lizanne Theron

Foto’s: Verskaf

 

Back To Top
%d bloggers like this: