skip to Main Content
Tay Tay Se End Game!

Taylor Swift het vandag haar nuwe musiek video vir haar liedjie End Game, met Ed Sheeran en Future, bekendgestel en sy is lank verby haar dae van somers rokkies en cowboy boots!

Swift het haar nuutste album, Reputation, aan die einde van 2017 vrygestel en baie mense was geskok om die pop prinses se nuwe “styl” te sien. Sy het kort voor die vrystelling haar hele Instagram skoon gevee en na almal se verbasing ‘n video van ‘n slang gepost. Die eerste liedjie, Look what you made me do, het fyn gespot met Taylor se reputasie in die media en die naam van die album het vinnig begin sin maak.

In haar nuutste musiek video vir End Game, saam met Ed Sheeran en Future, reis Swift na hotspots soos Miami, Tokyo en Londen. Sy dans op ‘n yacht, drink shots saam met Sheeran en cruz in ‘n kar langs Future.

Taylor word ook gesien in ‘n aantal uitrustings, van ‘n slangvel pakkie tot ‘n reënboog sequence rokkie. Een ding is verseker, Swift is klaar met blomme rokkies en cowboy boots!

Wat dink jy van die nuwe Taylor? Los ‘n comment op Facebook of tag ons by @bellamag_sa of #BELLA.

 

Geskryf deur: Bianca Raath

Back To Top
%d bloggers like this: