skip to Main Content
Saarkie | Musiek Is Ons Moedertaal

SAARKIE voel musiek is ’n uitlaatklep, ontsnapping en ontspanning.

Hulle skryf en sing hulle harte uit en as jy mooi luister, sal jy dalk ook jouself kan vereenselwig met dié klanke…

Kontemporêr. Anders. Rock. SAARKIE sing oor dit wat hulle voel en beleef.

Adèle Fouché sê: “Die main ding vir ons is dat mense na ons musiek moet luister en moet weet dat hulle nie alleen is nie. Hulle moet met ons lirieke kan relate. Ons skryf oor dit wat ons voel. Musiek is ’n uitlaatklep. Wanneer daar ’n oorlog in jou hart is dan skryf en sing jy daaroor. Jy leef in die oomblik. Wanneer ons sing dan vergeet ons vir die oomblik van ons probleme en seer. Dis net ’n ander tipe energie.” Lila Botha vertel: “Ek het al party dae siekerig gevoel en nadat ons geoefen het is my ‘siek-wees’ sommer weg en voel ek stukke beter.”

Energie

Die energie tussen dié drie is opvallend en dis duidelik in hulle musiek en shows hoorbaar. “As mense van ons praat wil ons graag hê dat hulle van ons energy moet praat,” sê Mjön van Blommestein. Lila voeg by: “Hulle moet verbaas wees omdat ons net drie girls is wat só kan musiek maak. Mense moet sê ons is ’n empowering girl band met hope energie.”

Dis so maklik om ’n klomp meisies te onderskat en SAARKIE is geen uitsondering nie. Tog is mense lekker verbaas wanneer dié klomp sonder enige hulp hulle trailer pak, alleen reis en self die pap wiel omruil. Mense is ook aangenaam verras om vir Lila agter die dromme te sien. SAARKIE draai  stereotipes op hulle kop en rock die verhoog by elke show, terwyl hulle nog mooi lyk ook!

Inspirasie

Baie van hulle liedjies word deur hulle eie lewe en vriende geïnspireer. Die liedjie, Over the sea, is saamgestel uit staaltjies wat hulle vriende wat op skepe werk vir hulle vertel het. Hulle ander bekende liedjie, Vir Altyd, is geskryf vir die persoon wat jy graag vir die res van jou lewe wil deel hê van jou lewensverhaal.

Die Saarkies sing en skryf oor dinge waaroor ek en jy wonder… Gebeurtenisse wat ons vir altyd wil vaspen. Sommiges waarvan ons wil vergeet. Mense vereenselwig hulle met die ongewone musiek oor alledaagse gevoelens.

SAARKIE – die energieke band wat stereotipes oorwin.

BELLA Brokkie:

  • Hulle drie kry gereeld komplimente oor hulle mooi hare. Dis alles te danke aan Dú-Mànt Hair Studio
  • Hulle pak hulle tassies oor ’n paar weke om in Nieu-Seeland en Australië te gaan toer – eers op hulle eie en dan sluit hulle by Steve Hofmeyr en kie aan vir die “Afrikaans is lekker” show.
  • Mjön (Blommie) is ook bekend as girlwithhat_sa en het mean design en editing skills.
  • Adèle is die sleepy head wat letterlik enige plek en tyd ’n slapie kan inwerk.
  • Lila se kar is na Khaleesi in Game of Thrones vernoem. 
Back To Top
%d bloggers like this: