skip to Main Content
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst
Foto: André Badenhorst

Sommige mense glo nie in toeval nie en dat alles vir ’n rede gebeur.

Wanneer ’n mens so na die SAARKIE se storie luister kan ’n mens nie anders as om te glo dat daar ’n groter doel agter elke droom is nie. ’n Sameloop van omstandighede en ’n fliek wat inspireer was die begin van die musiekgroep, SAARKIE, se bestaan. Alles het 14 jaar gelede in ’n Biologie-klas begin… Adèle Fouché, hoofsanger, het die vorige aand Josie and the Pussycats gekyk en baie geïnspireer gevoel. Die volgende dag het sy vir haar vriendinne gesê: “Julle kom ons begin ’n band.” En soos die gesegde lui: “The rest is history.” Vandag spog hierdie einste band met ’n GHOEMA, talle benoemings en televisieprogramme agter hulle naam.

Adèle en Lila Botha (dromme en agtergrondstem) ken mekaar al van skooljare af en hulle twee is van die begin af deel van die groep. Die resep van dié #dreamteam musiekspan is dat hulle baie karaktertrekke het wat oorvleuel, maar hulle gee mekaar ook genoeg spasie om hulle eie mens te wees. “Ons elkeen het ons eie sterkpunt (en swakpunt) wat ons na die tafel toe bring,” lag Lila.

Hulle is adventurous en maak die beste van elke toer en die omgewing of plek waarheen hulle toer. Hulle sal sommer op die ingewing van die oomblik besluit om die Otter te gaan stap terwyl hulle daar naby is vir ’n toer. “Ons kan vir ’n maand lank saam in ’n klein spasie toegesluit wees en ons sal survive en mekaar mis as ons nie bymekaar is nie,” sê Mjön van Blommestein (Blommie), die baskitaarspeler. 

Independent girl bosses – som presies hierdie trio op. Hulle is onafhanklik en kan sommer tjoeftjaf ’n waentjie in ’n klein spasie in reverse. Hulle skrik ook nie vir ’n pap wiel langs die pad óf om swaar tasse te pak nie. Behalwe dat die lewe van SAARKIE lekker besig is, gee Lila dromlesse en Mjön verkoop leerskoene en hoede – @girlwithhat_sa. Adele vertel: “Karen Zoid het ons geleer dat jy as musikant altyd moet besig bly. Skryf, lees op oor jou instrument, oefen of doen iets wat jou inspireer.” Hulle hartsbegeerte is dat SAARKIE altyd deel van hulle sal bly. Die Saarkies vertel: “Ons wil vir altyd musiek maak. Dit moet ons career wees. Dit waarvoor ons opstaan in die oggend. Ons hoor gereeld hoe bevoorreg ons is om te kan doen waarvoor ons lief is.”

Avontuurlustig, onafhanklik en musikaal – hierdie girl band sal jou wêreld rock en roll!

Back To Top
%d bloggers like this: