skip to Main Content
Queen: Het Jy Geweet?

“I won’t be a rock star. I will be a legend.” – Freddie Mercury

Vandag, 5 September, vier die wêreld vir Freddie Mercury wat sy 72ste verjaarsdag sou vier. Sy musiek sal nog vir generasies gedeel word en sy storie oorvertel word.

Hier is ’n paar interessante feite van Freddie en sy groep, Queen, wat jy dalk nie geweet het nie.

1. Freddie Mercury is gebore in Zanzibar as Farrokh Bulsara.

2. Freddie het op ’n tyd gewerk as ’n bagasie-beampte by Heathrow Airport.

3. Dit was ’n eienskap van Queen se musiek om eienaardig lank te wees. Die liedjies ‘Innuendo’ en ‘Bohemian Rhapsody’ was byvoorbeeld albei omtrent 6 minute lank.

4. Queen en Brian Gowers het die musiekvideo vir ‘Bohemian Rhapsody’ in slegs vier ure geskiet.

5. ‘Bohemian Rhapsody’ is die enigste liedjie om nommer 1 te wees vir vier jaar in die VN – 1975, 1976, 1991 en 1992.

6. Freddie het in 1979 opgetree saam met die Royal Ballet met die liedjies ‘Bohemian Rhapsody’ en ‘Crazy Little Thing Called Love’.

7. Freddie is tweede op MTV se lys van ‘22 greatest singers of the past 25 years’ – nommer een is Mariah Carey.

8. Die musiekvideo’s vir ‘We Will Rock You’ en ‘Spread Your Wings’ was albei geskiet in Roger se erf.

9. Queen sou oorspronklik nie ‘Another One Bites the Dust’ vrygestel het nie, maar Michael Jackson het hulle oorreed. Dit was een van hulle suksesvolste liedjies.

10. Freddie het glad nie van fietsry gehou nie, ten spyte van die liedjie ‘Bicycle Race’ se lirieke.

Kyk uit vir die fliek Bohemian Rhapsody wat die verhaal vertel van Freddie en sy groep, Queen.

 

Geskryf deur: Bianca Raath
Bron: Persverklaring: The world celebrates Freddie Mercury’s Birthday – Freddie for a day
Hooffoto: Shutterstock

Back To Top
%d bloggers like this: