skip to Main Content
Michelle D: “’n Nuwe Besigheid Is ’n Leap Of Faith.”

’n Passie om die mooi in die lewe raak te sien, was die begin van Michelle D se aanlyn besigheid, Macaroon Collection.

Sy glo nie dat ons meer in ’n “man’s world” leef nie en is oortuig daarvan dat vroulike entrepreneurs dinge laat gebeur. Hunter bootse. Thandana sakke. Saint & Summer skoene. Om deur al Macaroon Collection se produkte te browse laat jou wens dat die volgende LOTTO jackpot op jou nommers sal val. Macaroon Collection is gelykstaande aan tydlose mode-items.

’n Mens kan nie help om te wonder hoe hierdie winkel ontstaan het nie. Michelle D vertel: “Dit het begin by my passie vir al die mooi dinge in die lewe. Ek het eers begin deur ’n klomp produkte op my Facebook-blad vir vriende te adverteer. Sewe jaar later, baie harde werk, en ek het ’n besigheid waarop ek baie trots is.”

Lees: As jy kan lees, kan jy presteer

Sy voel dat 90% van die onterwerpers en besighede met wie sy werk almal vroue is. Michelle D sê: “Ek dink ons het ’n punt bereik waar vroulike entrepreneurs die movers en shakers in hulle onderskeie industrieë is.”

Sy glo dat dit nie noodwendig ’n eerste stap is wat jy moet neem om jou eie besigheid te begin nie, maar eerder ’n leap of faith. “Jy kan beplan, begroot, navorsing doen, maar die eerste stap is eintlik om die risiko te neem en dit jou alles te gee. ’n Groot deel van jou besigheidsplan is nie altyd fyn, gedetaileerde planne en stappe nie, maar jou eie intuïsie en om in jouself te glo.”

Haar definisie van sukses is om jou passie daagliks uit te leef en gelukkig te wees. Haar gunsteling-maniere hoe sy glo dat vroue mekaar meer kan ondersteun is:

  • Deel in mekaar se vreugdes en oorwinning
  • Connect en luister na mekaar
  • Jou passie en besigheid met ander deel
  • Wees oop, eerlik en positief

Michelle D is ’n energieke vrou in haar 30’s met ’n brandende passie vir haar besigheid en alles wat mooi is. Hou haar dop om te sien wat die res van 2019 alles vir haar inhou…

Back To Top
%d bloggers like this: